TV Plus (Afrikaans)

Ray Donovan

- Seisoen 2 e.tv (*194) 21:30 Drama

Dash Mihok erken hy moes hom voorberei en staal vir die eise om Brendan (Bunchy) Donovan in die dramareeks Ray Donovan (2013-nou) te speel. “Ek het met baie mense gepraat wat seksueel gemolestee­r is en dit was ontstellen­d,” sê die 43-jarige. “Ek moes na baie donker plekke gaan wat ek nie geweet het bestaan nie.” Maar ’n opdraande stryd is niks nuuts vir Dash nie . . .

1 Tourette-sindroom is op ses by hom gediagnose­er ná sy pa, Raymond, gesien het hoe hy gedurig sy kop skud. In sy 20’s het Dash twee skoueroper­asies ondergaan om skade te herstel wat sy senutrekki­ngs veroorsaak het.

2 Hy gebruik steeds medikasie vir die senutrekki­ngs, maar sê “my toestand het my gehelp om ’n beter akteur te word. Ek moes voorgee als is OK.”

3 Een van sy gunsteling­rolle was Benvolio in die fliek Romeo + Juliet (1996) saam met Leonardo DiCaprio – maar nie oor die wapens en karre in die weergawe van die Shakespear­e-stuk nie. “Die Hawaii-hemp en kortbroek as kostuum was wonderlik,” lag hy.

4 Hoewel hy New York mis, geniet Dash dit om in LA te woon, want hy kry tyd om “platteland” toe te gaan en perd te ry. Hy is ook ’n puik danser en musikant. “Ek geniet veral hip-hop en rap. Dit voel net reg en kalmerend.” Dash is getroud met die vioolspe

5 ler en sangeres Valeria Mason en het voorheen, van 1998 tot 2001, met Alanis Morissette uitgegaan. Hy’t gedans in Alanis se video vir So Pure, die liedjie wat sy vir hom geskryf het.

6 Hy het sy eie band – Diz & The Fam – en in hul 2015-musiekvide­o vir hul liedjie Love verskyn die spelers van Ray Donovan, insluitend Liev Schreiber (Ray) en Jon Voight (Mickey).

 ??  ?? Seisoen 1 SABC2 (*192) 19:00 Realiteit Waaroor gaan dit? Dash as Benvolio in Romeo + Juliet.
Seisoen 1 SABC2 (*192) 19:00 Realiteit Waaroor gaan dit? Dash as Benvolio in Romeo + Juliet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa