TV Plus (Afrikaans)

Suidooster

- Ma.-Do. kykNET (*144) 18:30 Sepie

Die jong akteur Dean John Smith (23), wat ons onlangs in Suidooster (2015nou) leer ken het as Wade, die nuwe werker by die Skweeza-zavrugtesa­p-kraampie, het hom al in April op die Suidooster­stel tuisgemaak. Hy het van die begin af ’n ogie op Zoe October (Lauren Joseph) gehad en ons kan nie sê ons neem hom kwalik nie . . .

Vertel ons meer van Wade en sy karakterei­enskappe?

Wade is ’n spreekwoor­delike goeie ou met sy voete plat op die aarde. Hy het nie maklike kinderjare gehad nie en het het jare lank in weeshuise en by pleegouers gebly. Tog het hy nie te sleg aan die ander kant uitgekom nie en is hy iemand wat vasberade is en altyd dink die glas is halfvol.

Vertel ons wat aan die broei is tussen Wade en Zoe? Is hy mal oor haar? r?

Vir Wade was dit liefde met die eerste oogopslag. Maar dis ’n sepie en liefde is mos nie altyd straight forward nie. Kykers moet maar sien hoe hul paadjie loop.

Is jy permanent deel van die Suidoos-terfamilie? En met wie het jy al vriende gemaak?

Ja, ek is permanent aangestel. Ek ken baie mense hier en my meisie, Vasthi Prins, speel Danni! Ek is iemand wat maklik met almal oor die weg kom en ons is soos ’n familie hier. Ek en Gantane (Siya) maak gereeld grappies.

Wat dink jy maak Suidooster so gewild?

Dit vertel stories waarmee die meeste mense hulle kan identifise­er en hulle kan hul met die karakters vereenselw­ig. Daar is ’n soort eerlikheid aan die sepie en ons skryfspan ontwikkel lekker intriges om ware lewensdram­as te laat ontvou. Lees meer op bl. 9.

 ??  ??
 ??  ?? Zoe.
Zoe.
 ??  ?? Danni.
Danni.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa