TV Plus (Afrikaans)

Bold & Beautiful

-

Weekdae SABC3 (*193) 18:30 Sepie Bill Spencer (Don Diamont) is allesbehal­we ’n modelpa en hy kies graag gunsteling­e. Noudat Wyatt (Darin Brooks) breed glimlag oor sy gelukkige huwelik, word sy tandekners­ende broer Liam (Scott Clifton) op Vrydag 21 Julie eenkant toe geskuif in die Spencerraa­dsaal. Bill het ook uitdruklik vir Liam gesê om Wyatt se vrou, Steffy (Jacqueline MacInnes Wood), uit te los om die familievre­de te bewaar. Liam is dus woedend wanneer hy op Woensdag 26 Julie sien hoe Bill sy vrou Katie (Heather Tom) se suster Brooke (Katherine Kelly Lang) in sy “ruskamer” op kantoor soen.

Bill is heeltemal sonder berou wanneer Liam hom op Donderdag 27 Julie konfrontee­r. “Jy’s nie die man wat ons almal dink jy is nie, jou tweegesig,” skree Liam. “Ek het na jou lang toespraak geluister oor familie wat eerste kom en huweliksbe­loftes wat eerbiedig moet word [op 10 Julie]. En net daarna het ek van jou ‘ruskamer’ uitgevind.” Liam is nog nie klaar nie: “Jy lieg die hele tyd vir Katie. Laat haar dink sy’s die probleem, dat haar vrese irrasionee­l is.” Briesend oor Bill se dubbele standaarde wys Liam na sy Spencer-swaardhan-gertjie: “Jy voldoen nie hieraan nie!”

Omdat Bill duidelik geen skuldige gewete het nie, gaan praat Liam op Vrydag 28 Julie met die swakker skakel – Brooke. Hy smeek haar om Katie die waarheid te vertel, want Katie dink sy is óf gek en paranoïes, óf Bill en Brooke lieg blatant vir haar. Liam se missie word nóg dringender wanneer ’n betraande Katie op Maandag 31 Julie by sy voordeur opdaag en hom vir ’n drankie smeek, want niemand vertel haar die waarheid nie. En as Bill en Brooke nie op Dinsdag 1 Augustus oor die affair bieg nie, gaan Liam hulle beslis ontmasker. Lees meer op bl. 18.

 ??  ?? Liam (regs) trap sy verkuller- en liegbekpa Bill uit.
Liam (regs) trap sy verkuller- en liegbekpa Bill uit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa