TV Plus (Afrikaans)

Parlement, Parlement

- Seisoen 1 kykNET (*144) 20:30 Komedie

Kykers sien ’n ander kant van die aanbieder Elana Afrika-Bredenkamp in die satiriese reeks Parlement, Parlement. “Toe ek genader is om Madam Speaker in die reeks te speel het ek onmiddelli­k ingestem en dadelik ’n kopdoek en ’n hamer aangeskaf,” skerts sy. “Dis verfrissen­d om komedie te doen – ek geniet dit om saam met die ander gek te skeer.”

Het jy Madam Speaker spesifiek op iemand gebaseer?

Niks kan my karakter beïndruk nie. Hmmm, wie weet, dalk is daar so ietsie van ons eie Madam Speaker, Baleka Mbete, in my karakter. Maar anders as Mbete, bars ek dikwels uit van die lag vir die ander grapjasse Louw Venter en Joey Rasdien.

Wie is jou gunsteling-politikus of voormalige politikus?

Ek het ’n crush op Trevor Manuel, voormalige minister van finansies (1996-2009), maar sjuut . . . moenie vir hom sê nie (lag). Ek was in 2014 ’n seremoniem­eester by ’n geleenthei­d en Trevor het sy hand uitgesteek om my op die verhoog te help terwyl ek my lang aandrok vasgehou het. Ek het toe amper my woorde vergeet.

Het jy jou kleurryke uitrusting­s self gekies?

Nee, die stilis Brenda Khambule het al my uitrusting­s gekies en bymekaarge­sit. Ek het nog nooit soveel kopdoeke in my lewe gevou nie, en dink ek’s nou reg vir ’n tradisione­le troue!

Jy het in Januarie weer ma geword – hoe balanseer jy moederskap en jou bedrywige loopbaan?

Ek het gelukkig ’n baie goeie ondersteun­ingstelsel – my man, Ian, my ma, skoonma en my tannie sit almal hand by wanneer ek weg van die huis moet werk. Annabelle (6 maande) en Esther Beth (2 jaar) het soms 4 mammas!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa