TV Plus (Afrikaans)

Chicago PD

- Seisoen 2 e.tv (*194) 20:30 Aksie

Speurder Jay Halstead is die geharde, skietlusti­ge lid van Chicago PD (2014nou) se intelligen­sie-eenheid. Maar dis nie net die kwaai houding wat die akteur Jesse Lee Soffer moes aanleer nie. Hy moes van “’n kosbewuste, fikse oudsportma­n verander in ’n gespierde gimfanatik­us wat van steak en aartappels leef”, lag Jesse.

1 Die 33-jarige New Yorker speel toneel vandat hy ses is, toe hy in ’n papadverte­nsie verskyn het. Sy eerste skermrol was toe hy saam met John Goodman aan die periodekom­ediefliek Matinee (1993) gewerk het.

2 Hy is ’n enigste kind, maar Jesse het drie stiefsuste­rs en ’n stiefbroer gekry ná die egskeiding van sy ouers – die animeerder Stan en filantroop Jill.

3 Jesse was ’n topsokkers­peler op hoërskool en as vleuel moes hy “klein en lig” wees. “Toe ek die rol in PD kry, moes ek in die gim gaan spiere bou,” vertel hy.

4 Sy eerste Chicago-verskyning was in Chicago Fire (2013-nou), die oorspronkl­ike program in die franchise – Chicago PD is eers in Fire getoets voor dit die groenlig as reeks gekry het.

5 Hoewel hy volhou hy gaan nie vas uit nie, word Jesse al sedert 2014 gesien waar hy handjies vashou en alte liefies is met sy Chicago PD-medespeler Sophia Bush (Erin Lindsay).

6 Jesse geniet al die aksie, maar erken sy hart behoort aan sepies en komedie. Hy het Will Munson gespeel in die langasem-sepie As The World Turns (1956-2010) van 2004 tot 2010, waarvoor hy verskeie Emmy-benoemings gekry het. En Jesse was Bobby Brady in die Brady Bunch-flieks (1995 en 1996).

 ??  ?? Jesse se medester Sophia Bush is volgens gerugte ook sy meisie.
Jesse se medester Sophia Bush is volgens gerugte ook sy meisie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa