TV Plus (Afrikaans)

Nuwe Engelse programme

Gekroonde koninginne, geselskoni­nginne, tronkkonin­ginne en alien-koninginne heers oor jou TV.

-

VICTORIA Historiese drama Seisoen 2 Maandag 4 September 2 ITV Choice (*123) om 20:00 Wat jy moet weet:

Dis ses weke nadat ons koningin Victoria (Jenna Coleman) en prins Albert (Tom Hughes) met hul dogter gesien het. Victoria is besig met koningin-wees en moederskap kom nie natuurlik nie, en Albert begin voel soos haar mooiste hoed – mooi maar nutteloos.

CLAWS Komiese drama Seisoen 1 Dinsdag 22 Augustus Vuzu AMP (*103) om 21:00 Wat jy moet weet:

Niecy Nash (Scream Queens, 2015-2016) is Dezna in dié verhaal oor die vriendskap­pe tussen ’n groep naelsalonm­eisies.

ORANGE IS THE NEW BLACK Drama Seisoen 5 begin Woensdag 13 September M-Net (*101) om 22:00 Wat jy moet weet:

Die nuwe seisoen strek oor net drie dramatiese dae in Litchfield, wat onder slot is oor Daya (Dascha Polanco) se opstand teen die wagte in die seisoen 4-finale (September 2016). Taystee (Danielle Brooks) neem die voortou om verdere tragedies soos die moord op Poussey (Samira Wiley) te voorkom.

MARVEL’S INHUMANS Sci-fi Seisoen 1 begin Saterdag 30 September M-Net (*101) om 20:00 Wat jy moet weet:

Dié 8- episode-reeks speel in dieselfde heelal af as Marvel’s Agents of S.H.I.E.L.D. (2013-nou) en al die aksie het met ’n magstryd te doen.

NB! KYK OOK UIT HIERVOOR

Baie kanale onderhande­l nog oor watter internasio­nale reekse hulle in September/Oktober gaan kry. Kyk uit vir Star Trek: Discovery, Young Sheldon en Black Lightning.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa