TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

-

Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30

AUGUSTUS

Louis se drama is nog lank nie verby nie en Alice is steeds ’n doring in sy vlees. Lexi moet ’n belangrike besluit neem oor haar toekoms, en haar dilemma krap weer ou wonde vir Steve oop. Wimpie sleep sy neef Ferdi du Toit (Cobus Venter) nader om Okkie met sy belastingp­robleme te help, Conrad trek by Annelize in en Conrad se suster, Elana (Ilne Nienaber), is terug in Pretoria – wat weer drama voorspel. Elana maak ’n goeie indruk op Quinton en kort voor lank draai sy hom om haar pinkie. Die identiteit van ’n pasiënt in die ongevalle-afdeling skok Quinton. Rebecca (Cleo Rinkwest) is nie die enigste probleem vir Elana nie – haar eintlike probleme begin wanneer ene Kenneth (Ryan Flynn) by die Binneland-kliniek opdaag en Elana dringend soek.

SEPTEMBER

Elana sukkel om vrede met haar verlede te maak sodat sy groter geluk in die toekoms kan ervaar, maar Quinton kan haar nie noodwendig help nie. Niemand anders nie as die gedugte paar Delia Richter (Odelle de Wet) en Brett Adler (Anton Schmidt) is terug – en al- mal wonder hoekom dié twee so in die Binneland-kliniek rondsnuffe­l. Damien Hendricks (Donovan Pietersen) maak die lewe ondraaglik vir die Abrahamse. Lexi se matriekafs­keid lê om die draai en almal wonder of Ross haar ná al die onlangse drama as sy metgesel gaan vra. Breggie kry snuf in die neus oor Ferdi, maar dit lyk asof nog ’n lid van die skone geslag in die sjarmante man belangstel. Annelize en Conrad is ’n gedugte span, veral wanneer Conrad besluit dis tyd dat hy ’n magsbasis kry, en die ongevalle-afdeling word ’n pion in ’n nuwe magstryd.

OKTOBER

Die raad het die laaste sê oor ’n belangrike voorleggin­g en almal wag in spanning op die uitslag. Dit word ál duideliker Conrad Bester is nie bereid om langer in pa At Koster se skaduwee te staan nie. Naomi se hart bokspring van geluk, maar dit beteken nie Louis is ewe gelukkig met die rigting waarin hul hegte vriendskap beweeg nie. Karli en haar verloofde, Tertius, se dogter, Nina (Le-Anche van den Berg), gaan deur ’n groot beproewing en Tertius sukkel om sy emosies in toom te hou. Bronwyn en Pippa voorspel donker dae vir die personeel van Binneland, maar gelukkig het iemand ’n oorsese wegbreek wat wink.

VERLEDE KEER

Steve en Bronwyn wou Lexi tot ander insigte oor Ross en haar toekoms bring, At wou die siviele saak vinnig skik, en Alice het gesukkel om die mas alleen op te kom.

2 – 4 AUGUSTUS

Jana het groot planne vir ’n verlowings­ete, en Tracy beplan haar volgende aanslag op Louis. Tertius voel verraai deur Pippa, en Tracy probeer Alice kalmeer, maar Alice dreig om vir Louis alles te vertel. At wil Jana gebruik om tot Vanessa deur te dring, en Quinton se vae deurbraak gee Tertius nuwe moed.

7 – 11 AUGUSTUS

At besluit om Vanessa aggressiew­er te benader, Tertius en Karli het ’n groot uitval, en Ross probeer Lexi ompraat om nie met die sak patats vorendag te kom nie. Die Heuwels Fantasties tree in Nagskof op, Tertius is gereed om Vanessa te konfrontee­r, en Conrad en At verskil oor die uitslag van bloedtoets­e. Alice is woedend omdat daar nog geen nuus oor Tracy is nie, Jana lig At in oor die skikkingsd­okumente, en Louis vind ’n nuwe heenkome. Naomi probeer Louis ondersteun, Annelize word uitgetrap oor ’n geheim, en Lexi sowel as Louis se wêreld stort in duie.

14 – 15 AUGUSTUS

Annelize besef Jana hanteer Vanessa se saak verder, Alice is nog lank nie klaar met Louis nie, en Lexi dink sy het ’n oplossing vir haar probleem. Tertius bied Quinton ’n pos by die Binneland-kliniek aan, Okkie skuld SARS ’n klomp geld, en Alice se ma doen navraag oor Tracy.

 ??  ?? Conrad se suster, Elana, is terug in Pretoria en dit beteken een ding: drama.
Conrad se suster, Elana, is terug in Pretoria en dit beteken een ding: drama.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa