TV Plus (Afrikaans)

Keeping Score, Rhythm City

-

AUGUSTUS

Pearl is uitgeput weens haar ouers, David en Andiswa, se aanhoudend­e gestry en wil uit die huis trek. Reneilwe wil haar gewese bestie Kgaugelo uit haar huis hê, en Pearl vind uit haar ma het ’n affair met haar ou, Suffocate. Emmanuel probeer sy vriend Vega (Mbasa Msongelo) beïndruk met ’n partytjie in Kop se afwesighei­d, maar dan verkrag Vega Emmanuel se liefie Palesa (Hloni Padi).

SEPTEMBER

Niki het ’n ontsnappla­nwanneer haar verlede en die polisie aan haar deur klop, en Cuba is verras wanneer haar dogter Puleng haar wegstoot en tyd saam met vriende deurbring. Mampho probeer haar gevoelens vir die slegte Sifiso wegsteek, en Emmanuel voel skuldig oor Palesa se pyn en bied aan om haar te help om Vega in die tronk te kry.

OKTOBER

Rhythm City kon teen druktyd geen episodiese inligting verskaf nie.

VERLEDE KEER

Kgaugelo het soos die popster Reneilwe begin aantrek en optree, en Kop wou hê Blossom moes by hom intrek.

2 – 4 AUGUSTUS

Reneilwe verkies weer Kgaugelo bo Mampho, en Lungile lieg vir sy vrou Bongi oor sy affair met Lerato. Andiswa en David wedywer om Pearl se aandag, en Mampho neem Kgaugelo kwalik vir die skade aan Mampho en Renei se vriendskap.

7 – 11 AUGUSTUS

Lungile bring weer tyd by Lerato deur, en Reneilwe skop Kgaugelo ná ’n hewige woordewiss­eling uit haar huis. Andiswa en Suffo wil David se sakeryk steel, en Lerato sê vir Lungile sy’s swanger. Renei is sprakeloos wanneer sy uitvind Kgaugelo het al Renei se spaargeld in haar bankrekeni­ng getrek.

14 – 15 AUGUSTUS

Reneilwe gebruik haar sosialemed­iarekening­e om vir fans te vertel wat haar “pel” Kgau - gelo aangevang het, en Andiswa sien hoe Suffocate met Pearl flirt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa