TV Plus (Afrikaans)

dal! Ring Of Lies, Scan-

-

ONS HET GEVRA . . .

Weens sy besige skedule kon Ring Of Lies nie episodiese inligting vir September of Oktober verskaf nie.

AUGUSTUS

Sli het skoknuus vir Ruth, en Kabelo berei voor vir sy volgende bokswedstr­yd, maar hy word tydens ’n oefensessi­e beseer. Rendani kondig aan sy gaan stad toe, maar haar pa weier dat sy gaan, want hy het ander planne, soos ’n troue, vir haar. Rendani smeek haar vriend om haar stad toe te neem, en daar is ’n ope dag by die boksgim wat Thabelo gereël het om met van die atlete se vermoëns in die kryt te spog. Later vind Sli uit haar pa is terug KZN toe sonder om haar te groet, en Ruth sê vir Mandla sy kom huis toe.

VERLEDE KEER

Daar was ’n begrafnis wat verdere probleme vir die families gebring het, Thandi het tevergeefs Ruth se skoene probeer vol staan, en Kabelo het planne gemaak om sy bokskampio­entitel terug te kry.

2 – 3 AUGUSTUS

Rendani, die jong Musangwe-vegter, kom in opstand teen haar pa se tradisione­le verwagting­e en dit veroorsaak ’n verwyderin­g tussen hulle. Sli besoek Ruth in die tronk en is meer vasbeslote as ooit tevore om dinge oor haar regte familie uit te vind. Die krytbaas Mandla hou ’n nuuskonfer­ensie om die volgende boksuitdag­ing aan te kondig, en Sli wil haar biologiese pa opspoor. Later gesels Ruth en Sli, en Ruth keur dit goed dat Sli meer oor haar verlede wil uitvind.

7 – 10 AUGUSTUS

Rendani is in ’n tweestryd – sy moet óf haar pa se wense eerbiedig, óf getrou bly aan haarself in die bokskryt. Intussen rig twee boksers ’n klaskamer in waar jong kinders meer oor die sportsoort kan leer asook hoe om toekomstig­e kampioene te word. Sli ontmoet nie net haar biologiese pa nie, sy trek ook by hom in. Sli se nuwe leefstyl plaas haar buite haar gemaksone – haar pa is ’n vrygesel en sy hou nie van sy sorgvrye leefstylke­uses nie. Kabelo keer terug na ’n leë huis, en Rendani se nuwe vriend kry ’n ysige ontvangs by haar familie. Sli ontmoet Buzwe, en Thando manipuleer haar pad in Mandla se huis in.

14 – 15 AUGUSTUS

Kabelo sukkel sonder Gugu aan sy sy en hy begin haar mis. Rendani besef haar geheim is onveilig en sy moet haar tradisione­le familie verlaat, en Ruth word deur ’n medegevang­ene gewaarsku.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa