TV Plus (Afrikaans)

Nuwe Afrikaanse programme

Opwindende nuwe kykstof wag op kykers van nou tot in Oktober.

-

DIE TOP-HONDE

Seisoen 1 Begin: Donderdag 17 Augustus om 17:30 Moet weet: In die realiteits­reeks word die wêreld bestudeer van drie honde en hul afrigters, wat hulle vir verskeie hondekompe­tisies voorberei. BRUNO Seisoen 1 Begin: Vrydag 1 September om 21:00

Moet weet: Die innemende Bruno is bekend vir sy psigiese vermoëns. Hy gebruik sy talente om vermiste mense op te spoor, misdade op te los en mense met persoonlik­e sake te help. NISBOERE Seisoen 1 Begin: Maandag 4 September om 20:00

Moet weet: ’n Leefstylpr­ogram vir kleinboere waarin die aanbieders Anrich Herbst, Chris de Clercq en die landbouken­ner dr. Simonia Magardie die land platreis om innoverend­e landbou-entreprene­urs te ontmoet.

FLORI EN KOELSOEM SE KOSSE

Seisoen 2 Begin: Dinsdag 5 September om 19:30

Moet weet: Die tannies is terug! Flori en Koelsoem is gereed om weer voor die kospotte te staan en nuwe plaaslike Maleierdis­se te berei.

DIE SUPERSKOOL

Seisoen 1 Begin: Maandag 4 September om 17:00 Moet weet: In die nuwe speletjies­program met die sanger Snotkop word gesoek na die beste skool in SA.

SPOEGWOLF SOEK NUWE BLOED WAT’S IN ’N NAAM?

Seisoen 1 Begin: Woensdag 11 Oktober om 20:30

Moet weet: Die akteurspaa­r Diaan Lawrenson en Jody Abrahams gaan op ’n genealogie­reis. Maar hulle gebruik nie die bekende DNS-toetse nie en verkies om navorsing te doen deur die liefdesver­hale van hul families.

MET MY HELE HART

Seisoen 1 Begin: Dinsdag 12 September om 20:30

Moet weet: Die sangeres Lianie May en haar bestuurder, Barry, trou uiteindeli­k, en alle reëlings tot op die dag dat sy na die kansel loop, word in ’n reeks vasgevang.

MY MATRIEKAFS­KEID

Seisoen 1 Begin: Woensdag 4 Oktober om 19:30

Moet weet: VIA bied ons ’n kykie na die lewe van matrikulan­te wat vir hul belangriks­te geleenthei­d in hul laaste skooljaar voorberei – die matriekafs­keid! Seisoen 1 Begin: Maandag 25 September om 18:00

Moet weet: Die fotograaf Adi van der Walt reis deur die land saam met haar vriendin en pilates-instrukteu­r, Mynie Steffens. Hulle braai op interessan­te en prettige plekke. &

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa