TV Plus (Afrikaans)

Broken Vows, Isibaya

-

ONS HET GEVRA . . .

Weens hul druk produksier­ooster kon Isibaya nie episodiese inligting vir September of Oktober verskaf nie.

AUGUSTUS

Judas se oorwinning duur nie lank nie en sy familiehui­s word gestroop. Lethu se lewe en vee word bedreig, en Jabu speel vredemaker en probeer Beauty oorreed om die vete tussen die families te beëindig. Sihle besef sy gaan alles verloor waarvoor sy geveg het – ook haar titel as koningin – en dat Blade ’n probleem kan wees as hy haar truuks onthul. Later probeer Mkabayi en Fezile ’n vyandige situasie tussen Phumelele en Lethu in toom hou.

VERLEDE KEER

Judas het ’n uitdaging aanvaar, en Mandla het Samson gesmeek vir hulp met sy taverne.

2 – 4 AUGUSTUS

Verpletter­ende nuus bereik die vallei, en die mense is geskok en hartseer. Die Zungu-vroue maak gereed om eer te betoon, en Blade sê vir Mpiyakhe en Mkabayi wat hy dink regtig tydens die ongeluk gebeur het. Zanele begin Qaphela en Judas se komplekse verhouding verstaan, en Mandla se planne raak mense.

7 – 11 AUGUSTUS

Blade soek na die waarheid oor die ongeluk, en hy en Fezile soek na geslotebaa­n-TV-beeldmater­iaal. Die Ngwenya-familie hoor van die tragedie, en Judas is bekommerd oor sy sakevoorui­tsigte. Die raadslede tree op om mag terug te neem in die vallei, Sihle speel kopspeletj­ies met haar koninklike onderdane, en Judas vier ’n groot besigheids­oorwinning.

14 – 15 AUGUSTUS

Sihle wil hê Blade moet uit “haar” vallei padgee, veral omdat hy dapper genoeg is om haar te konfrontee­r en deel van haar skuldige gewete is. Qondi neem ’n besluit oor haar toekoms in die vallei, en Mpiyakhe is op pad na Lethu in Johannesbu­rg. Lillian se roekelose optrede kan ongewenste aandag op die Ngwenya-familie plaas.

 ??  ?? Judas moet voor- en teenspoed hanteer.
Judas moet voor- en teenspoed hanteer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa