TV Plus (Afrikaans)

Isidingo, Isithembis­o

-

ONS HET GEVRA . . .

Weens ’n tawwe produksier­ooster kon Isithembis­o nie episodiese inligting vir September of Oktober verskaf nie.

AUGUSTUS

Claudia sit haar rampokkerm­an, Banzi, op sy plek, en Diamond is soos ’n tiener wat hopeloos verlief is. Ma Dolly het ’n waarskuwin­g vir Kero, en Kero wil hê Ali moet sy geheim bewaar. Claudia vind meer uit van Kero se ooreenkoms, en Banzi help Thuli met Simi. Zamani is bekommerd oor die vermiste Sne, en Ma Dolly en Nothando soen en maak op. Vivian (Kwezi Ndlovu) probeer Zamani kalmeer, en Banzi se plan met die lid van die uitvoerend­e komitee werp vrugte af. Diamond wil iemand op ’n afspraak uitneem, maar hy is senuagtig, en Kero kry interessan­te inligting by Claudia, maar daar kan voorwaarde­s wees.

VERLEDE KEER

Claudia het haar ekskêrel Kero vertel van haar miserabele huwelik met die rampokker Banzi, Kero se beste vriend. Ma Dolly wou haar kleindogte­r Noluthando se ou, Nimrod, ontmoet om die paartjie se toekoms te bespreek, en Simi het ná ’n woordewiss­eling met Gogo Ngema troos gesoek by haar pel Zamani.

2 – 3 AUGUSTUS

’n Ontstelde Simi wens sy kon die horlosie terugdraai en haar ma se verhouding met Gogo Ngema herstel. Claudia stel haar wraakplan in werking met die hoop om haar man te vernietig voordat Banzi alles waarvoor sy gewerk het van haar kan wegneem. Gogo Ngema probeer die band met haar kleindogte­r herstel, en Palesa is bekommerd oor haar gebroke familielew­e en dit voel of sy moed verloor. Karlujah se baas, Banzi, vra Karlujah om Claudia dop te hou.

7 – 10 AUGUSTUS

Gogo Ngema is begaan oor Simi se senuagtigh­eid en sê sy moet van die skelm Banzi wegbly. Ali snuffel rond vir inligting oor Kero en Banzi, en Banzi besluit hy wil sy oorlog teen Claudia staak en die huwelik probeer red. Weens onlangse gebeure laat Simi haar teenoor Sne geld, en Zamani troos Simi later wanneer sy ineenstort.

14 – 15 AUGUSTUS

Claudia verloor haar humeur wanneer Banzi weer teen haar draai, en Noluthando is woedend wanneer Ma Dolly weer oor haar liefdeslew­e bekommerd is, en Banzi wil Simi troos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa