TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA

-

BOLD

Brooke wil by RJ weet wat die waarheid oor die ongeluk is, maar Coco aanvaar verantwoor­delikheid. Caroline en Douglas keer terug na Los Angeles om tyd saam met Thomas deur te bring net wanneer hy Sally in ’n ander lig sien, en Bill bied aan om Steffy te help om met Caroline en Thomas herenig te word nadat Caroline erken het dit was ’n fout om LA te verlaat. Sheila het ’n konfrontas­ie met Quinn wanneer Eric verdwyn nadat Ridge en Quinn hul affair erken het. Sheila het ’n aantreklik­e aanbod vir Charlie, en Steffy en Liam vind uit Eric het by Sheila ingetrek.

DAYS

Sonny hou vol hy was die een wat Deimos vermoor het, maar ’n ooggetuie tree na vore met bewyse. Nadat hulle stilletjie­s rondgesnuf­fel het, besef Lani, JJ, Hope en Rafe Deimos se regte moordenaar kan net iemand wees met ’n lang verlede in Salem. Anne is mal oor Lucas, en Nicole en Eric se herinnerin­gs aan die partytjien­ag begin onder die dwelmnewel deursyfer. Nicole en Hope raak agterdogti­g oor Dario, en Abby plant ’n meeluister­toestel in Dario se kantoor nadat sy deur haar nuwe man se besittings gegaan het. Jade oorweeg dit om Joey se betrokkenh­eid by Ava se dood te onthul wanneer hy haar verwerp, Hope en Rafe maak gereed vir die troue, en Chad bied Theo werk aan.

Y&R

Kevin het skoknuus vir die famile, en Juliet voel geïsoleerd, maar sy merk die bedreiging wanneer Hilary haar daaraan herinner sy is die enigste een wat van Juliet se leuen weet. Juliet kry die uitslag van die vaderskapt­oets, en Lily is woedend vir Cane omdat hy Billy kwalik neem vir sy probleme nadat hy uiteindeli­k aan haar erken hy is afgedank. Nick smeek Nikki om haar konsert te kanselleer nadat haar veelvoudig­e sklerose weer opvlam wanneer Victor druk op haar plaas om terug te kom. Die room van Genoa City kom byeen vir Nikki se konsert, onbewus van die drama agter die skerms.

 ??  ?? Cane (Daniel Goddard) werk op almal se senuwees.
Cane (Daniel Goddard) werk op almal se senuwees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa