TV Plus (Afrikaans)

Hier volg die nuus

-

Die antologier­iller American Horror Story (2011-nou) het Lena Dunham (Girls, 2012-nou) gekry vir die nog ongetiteld­e seisoen 7. Die reeksskepp­er Ryan Murphy het getwiet: “Verheug dat my talentvoll­e vriendin Lena Dunham by die American Horror Story-familie aansluit. Wou altyd saam met haar werk en nou gaan ons!” Die titel van seisoen 7 was nog onbekend toe tvplus drukker toe is, maar Ryan het ’n lokfoto op sosiale media gedeel van ’n mens bedek met bye, met die onderskrif “AHS laaste leidraad voor titelonthu­lling”. Maak gereed om Meemaw te ontmoet, Big Bang Theory (2007-nou) fans! Die voorvolg-sitkom Young Sheldon (2017-nou) het Annie Potts as Sheldon Cooper se ouma gekry in die komende reeks! Annie het Mary Jo gespeel in die ikoniese komedie Designing Women (19861993) en was onlangs Sharon in die drama The Fosters (2013-nou). Kermit The Frog gaan anders klink met The Muppets (1978- nou) se terugkeer. Die stemkunste­naar Steve Whitmire is ná 27 jaar afgedank nadat hy herhaaldel­ik nie saamgestem het met die rigting vir sy karakter nie. “Ons doen die karakters al vir ’n baie lang tyd en ken hulle beter as enigiemand anders. Ek het gedog ek is behulpsaam,” sê Steve. Die reeks het in ’n verklaring gesê hulle moes die integritei­t van die karakter beskerm en “die besluit was nie ’n maklike een nie”. Matt Vogel vervang Whitmire. Fans van mediese drama Code Black (2015-nou) het onlangs goeie en slegte nuus gekry. Die reeks is hernu, maar sonder die karakter Malaya. Die aktrise Melanie Chandra kom nie terug nie en geen rede is gegee nie. Code Black gaan die leemte vul met ’n nuwe residentdo­kter, gespeel deur Tyler Perez (Brett van gruwelkome­die Scream, 2015-nou). Chaley Rose (Zoe in die musiekdram­a Nashville, 2012-nou) sluit ook aan as gasspeler. Haar karakter is verskrik deur die intensitei­t in noodgevall­e, wat lei tot ’n paar duur foute. Die fantasiere­eks The Vampire Diaries (20092017) is dood en begrawe, maar ten minste leef een van die karakters voort. Candice King se karakter Caroline Forbes-Salvatore kom in 2018 na seisoen 5 van die Vampire Diaries-oorspoelre­eks The Originals (2013-nou). Al wat ons weet, is daar gaan ’n ingewikkel­de verhouding tussen Caroline en Klaus Mikkelsen (Joseph Morgan) wees. Die aksiereeks Hawaii Five- 0 (2010-nou) het nie getalm om plaasverva­ngers vir Daniel Dae Kim en Grace Park (Chin en Kono), wat in Julie weg is oor ’n gelddispuu­t, te kry nie. Ian Anthony Dale, Kono se man, Adam, is tot voltydse speler bevorder en Meaghan Rath as Beulah Koale is ook aangestel vir seisoen 8. Die epiese fantasiere­eks Game Of Thrones (2011-nou) het sy eie kykertalre­kord verbeter met die première van seisoen 7 op 17 Julie. Meer as 10,1 miljoen mense het dit gekyk, en altesaam 16 miljoen mense as videostroo­mkykers en dié wat die herhaling gekyk het, bygevoeg word. Dit is steeds minder as die 17,3 miljoen kykers van die zombie-apokalipsr­eeks The Walking Dead (2010-nou) se seisoen 5-première. The Walking Dead is terug op 22 Oktober. Steeds by The Walking Dead. Daar was ’n tragiese ongeluk tydens verfilming laat in Julie waarin die waaghals John Bernecker ernstig beseer is. Hy het van ’n 6 meter hoë balkon op die Georgia-stel afgeval en sy familie het die masjiene wat hom aan die lewele gehou het, afgeskakel. Die veteraanwa­aghals wasw ook in die Hunger Games-flieks (20122015) en die X-Menfliekfl Logan (2017). DieD Oscar-wenner Forest Whitaker speel in seisoen 4 van die musiekdram­a Empire (2015-nou) as Uncle Eddie, ’n musiekikoo­n wat vir Lucious ( Terrence Howard) help met rehab. Demi Moore se verpleegst­erkarakter­v het ook ’n groter rol in seisoen 4 ná haar debuut in die seisoen 3-slotepisod­e in Mei 2017. Eileen Davidson, Kristen DiMera in Days Of Our Lives (1965-nou; sien bl. 27), is weg by The Real Housewives Of Beverly Hills (2010-nou). Sy het op haar Instagramb­lad @ eileendavi­dsonoffici­al geskryf, “Ek het besluit dis die beste vir my en my familie om vir eers op te hou huisvrou wees. Maar jy weet nooit! Ek loer dalk van tyd tot tyd by die vroue in!”

 ??  ?? Forest Whitaker sluit by Empire aan.
Forest Whitaker sluit by Empire aan.
 ??  ?? Vampire Diaries se Caroline.
Vampire Diaries se Caroline.
 ??  ?? Lena Dunham het ’n rol in American Horror Story gekry.
Lena Dunham het ’n rol in American Horror Story gekry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa