TV Plus (Afrikaans)

24 Generation­s

-

Generation­s – The Legacy

Weekdae SABC1 (*191) 20:00

AUGUSTUS

Mrekza wil die keer ’n sê in sy liefdeslew­e hê, maar hy vryf sy beheersugt­ige meisie Lucy verkeerd op. Dokter Sphe diagnoseer haar dogter, Rorisang, verkeerd om die familie die skrik op die lyf te jaag, en die Diales probeer die naïewe Lesedi van die gekwelde tiener Mpho red. Die Moroka-broers Mazwi en Smanga vergeet van hul verskille om hul oom Tau uit die familiebes­igheid te stem. Nandi wonder oor haar dogter Sphe se senuagtigh­eid wanneer sy van Rorisang se gesondheid­sprobleme praat, en Lucy is woedend wanneer Lesedi uit die huis glip om Mpho te ontmoet. Tau probeer intussen sy vyand Jack se seun Fana manipuleer om saam met Tau in vennootska­p te gaan teen Mazwi en Smanga.

SEPTEMBER

Lesedi reik uit na Mpho wanneer hy haar van sy probleme vertel noudat Zondiwe by is, en Sphe verloor beheer oor haar emosies wat haar man, Mazwi, betref. Mazwi is bekommerd oor Sphe se geestesges­ondheid, maar sy stoot hom weg wanneer hy troos en steun bied. Tau vorm ’n alliansie met sy gewese swaer Gadaffi in nog ’n poging om Mazwi en Smanga te vernietig, en Jack het die kuberkrake­r Zach net waar hy hom wil hê. Zondiwe is moeg van die roekelose Mpho, en die Moroka-raadgewers is verstom oor Sphe se versoek om te skei– sy het breekpunt bereik met die ontroue Mazwi en sy wil skei, ongeag die koste en verleenthe­id.

OKTOBER

Sphe weier om met haar familie te praat en sy vra Mazwi om hul egskeiding­sontmoetin­g uit te stel – sy beplan stilletjie­s ’n ontsnappin­g vir haar en Rorisang. Mpho haal weer sy ou streke uit en leer sy pel Brian sy [Mpho se] steeltruuk­s, en Namhla is ontsteld wanneer sy hoor Zach het vir haar gelieg en dat hy weer ’n misdadiger is. Wandile waag haar lewe met die geslagsver­anderingso­perasie, en Namhla los vir Zach omdat hy vir haar gejok het. Zitha verdwyn ná ’n driftige vergaderin­g met die JM Eco City-vennote, en Fana word kwaad wanneer sy pa, Jack, hom by sy twyfelagti­ge besigheid betrek. Intussen ontplof ’n bom by Siqalo-hof en daar word met die slegte Gadaffi na die hospitaal gejaag.

VERLEDE KEER

Lucy het Mrekza gesmeek om haar terug te vat, en Sphe het teen haar familie uitgevaar toe hulle haar moederverm­oëns bevraagtek­en het.

2 – 4 AUGUSTUS

Mazwi is bekommerd wanneer baba Rorisang hospitaal toe geneem word vir ’n noodoperas­ie, en Lesedi is senuagtig om haar kêrel Mpho in haar vertroue te neem. Die Diales tref ’n halfkaal man in hul huis aan, en Sphe en haar dokters probeer Rorisang weer gesond kry. Nolwazi gesels met haar sielkundig­e, dr. Watson, oor haar gebroke verhouding­s, en Smanga is bang sy “niggie” Rorisang gaan sterf voordat hy ’n band met haar kan vorm.

7 – 11 AUGUSTUS

Die nuuskierig­e Nandi is ontsteld wanneer haar dogter Sphe haar wegstoot, en Jack wil baie graag van Tau ontslae raak voordat sy besigheid verder skade ly. Mrekza sit sy voet dwars wanneer Lucy beheer van hul romanse probeer neem, en Sphe gebruik Rorisang se gesondheid­sprobleme om haar ongelukkig­e huwelik met Mazwi te red. Die polisie klop aan die Morokas se deur met vrae vir Tau, en Smanga probeer nader aan Rorisang kom.

14 – 15 AUGUSTUS

Tshidi verbied Mpho om met Lesedi uit te gaan. Die broers Mazwi en Smanga ignoreer hul oom Tau in sy uur van nood, en Jack is vol vreugde wanneer dit klink of Tau se doppie geklink is.

 ??  ?? Smanga (links) en Mazwi voel trots op hulself omdat hulle hul oom Tau (inlas) ontsetel het.
Smanga (links) en Mazwi voel trots op hulself omdat hulle hul oom Tau (inlas) ontsetel het.
 ??  ?? Sphe is buite beheer.
Sphe is buite beheer.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa