TV Plus (Afrikaans)

Muvhango

-

AUGUSTUS

Basadi se aandele verloor waarde wanneer dit bekend word van die maatskappy se geld is weg. James is meer vasbeslote as ooit tevore om aan sy vriendin en baas Thandaza te bewys hy het nie geld van hul besigheid gesteel nie, en hy gaan so ver om sy persoonlik­e beleggings te verkoop om die gesteelde fondse te vervang. Thandaza is steeds nie seker sy kan James by die kantoor vertrou nie, ten spyte van sy opoffering. Dit dwing James om te doen wat hy nooit gedink het hy sou doen nie: kry ’n prokureur.

Thandaza het meer probleme by die huis, soos Ranthumeng, wie se vreemde gedrag haar laat vermoed hy het nog ’n affair. Thandaza hoor later sy was verniet bekommerd en sy reik ’n olyftakkie uit na Imani en Gugu, met wie sy gedink het Ranthu het haar verneuk. By die koninklike huis raak Mpho se weiering om kinders te hê ’n probleem, nie net vir Azwindini nie, maar ook vir sy raadgewers. Vho-Makadazi spoeg vuur en meen Mpho moet met die ander vroue in die koningshui­s “gesels” om beter te verstaan “hoe dinge hier rond werk” en wat dit beteken om ’n pligsgetro­ue vrou vir die hoofman te wees.

Imani vertel vir Gugu en Thandaza sy het “iemand” ontmoet, maar sy wil nie sê wie dit is nie, wat ’n probleem is vir albei vroue. Matshidiso is desperaat om werk te kry en sy’s moeg daarvoor om ’n skelmpie te wees, maar KK konfrontee­r haar. Rendani gooi haar gewig rond in Hangwani se huis, Gizara maak ’n belangrike bekentenis, en Hangwani se optrede dryf Rendani verder weg van die familie.

ONS HET GEVRA . . .

Weens ’n druk produksier­ooster kon Muvhango nie episodiese inligting vir September of Oktober verskaf nie.

 ??  ?? Imani (links) en Matshidiso se liefdeslew­e is verskillen­d, maar albei het ewe veel probleme daarmee.
Imani (links) en Matshidiso se liefdeslew­e is verskillen­d, maar albei het ewe veel probleme daarmee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa