TV Plus (Afrikaans)

Suidooster

-

Suidooster

Ma.-Do. kykNET (*144) 18:30

AUGUSTUS

Bianca besef sy kan nooit toelaat dat Michelle uitvind haar man, Stefan, is die pa van Bianca se baba nie. Mrs J se nuwe buurman maak steeds amok en Carmen vind uit van Bianca se geheim. Intussen probeer Michelle en Stefan Natasha ondersteun, en Lee-Ann is agterdogti­g oor Bridgette se nuwe projek. Mrs J reik uit na Tyron (Maurice Paige), en Ian gebruik vir Tim om hom met sy plan te help. Bridgette is bekommerd oor wat Lee-Ann gaan doen noudat sy van Ian se jongste skelmstree­k weet. Natasha se jaloesie maak haar desperaat vir aandag, en Mrs J wil hê Tyron moet Wade om verskoning vra. Bridgette gaan voort met Ian se diamantpla­n, Natasha maak seker sy en Stefan kry alleentyd saam, en Carmen en Bianca het hul grootste uitval nog. Almal is paniekbeva­nge oor Bridgette se arrestasie, Stefan vertel vir Michelle Natasha wou hom soen, en Mymoena probeer om Bianca en Carmen te versoen. Ian is terug op kantoor en Bridgette neem ’n belangrike besluit. Natasha hoor Stefan het agteraf by Bianca gekuier en gebruik dit om met Michelle se kop te smokkel. Zoe raak ongemaklik oor die vriendskap wat tussen Wade en Tyron ontwikkel. Ian en Lee-Ann sit vas oor Tim, en Mrs J probeer vrede maak tussen Zoe en Tyron. Bianca se ergste nagmerrie word waar wanneer iets met Stella gebeur.

SEPTEMBER

Almal in Ruiterbosc­h is in rep en roer oor Stella se ontvoering. Ian lok Zoe en haar vriende na die October-huis vir ’n braai – met ’n geheime agenda. Michelle konfrontee­r Bianca en haar familie. Tyron vind meer uit oor Wade se verlede en vermoed daar’s ’n band tussen hulle. Michelle besef Natasha is waansinnig wanneer sy van haar planne vertel, en Mrs J doen haar bes om nie by Lee-Ann se liefdeslew­e in te meng nie. Lee-Ann knoop ’n nuwe verhouding aan, Stefan en Michelle se huwelik is op die rotse, en AB kry ontstellen­de nuus. Bridgette dreig om van Ian te skei, en Lee-Ann neem ’n besluit oor haar toekoms. Rhafiek sit Stefan behoorlik op sy plek, Justin druk Tyron vir ’n pokeraandj­ie, en Chris het nie ooghare vir Lee-Ann se nuwe kêrel nie. Bridgette neem wraak op Ian, Michelle verstaan Siya se besorgdhei­d verkeerd, en Stefan en Bianca sit steeds vas oor Stella. Wade blameer Tyron vir Justin se moeilikhei­d, Michelle probeer uitreik na Stefan, en Justin raak desperaat om geld in die hande te kry. Siya gee Michelle nuwe insig, en Ian ontdek geheime wat Lee-Ann se nuwe kêrel probeer wegsteek.

OKTOBER

Episodiese inligting vir Oktober was teen druktyd nie beskikbaar nie.

VERLEDE KEER

Ian is in die tronk deur gemaskerde mans oorrompel, Bridgette is in die openbaar verneder toe sy nie geld met haar kredietkaa­rt kon trek nie, en Bianca het gesukkel om nie vir Stefan die waarheid te vertel nie.

2 – 3 AUGUSTUS

Michelle probeer Bianca ondersteun, maar sy maak haar net meer gespanne. Kim nooi Rhafiek vir aandete, Bridgette probeer geld by Mrs J leen, en Zoe vat Bridgette aan oor Wade. Kim besluit oor haar toekoms, en Stefan dink hard na oor syne.

7 – 10 AUGUSTUS

Stefan probeer ’n DNS-monster van Stella kry, maar dis moeilik met Bianca en Mymoena wat die kleintjie permanent bewaak. Bridgette dring daarop aan dat Ian die beskerming­sgeld vat, maar hulle kry ander opdragte. Ian vind uit die beskerming­sgeld het nie by die regte mense uitgekom nie, en Tim en Lee-Ann sit weer vas oor Ian. Stefan wag angstig vir die DNS-uitslae, en Lee-Ann glo Suidooster-Eiendomme het ’n groot impak gemaak by die Vrouedag-ete. Danni is bekommerd oor Ian se houvas op Tim, en Zoe stres oor die slegte nuus wat sy vir Wade moet gee. Ian vind uit wie Plakkies werklik is, en Stefan kom uiteindeli­k die waarheid oor Stella agter.

14 – 15 AUGUSTUS

Stefan konfrontee­r Bianca oor Stella, Plakkies plaas ál meer druk op Ian om sy pakkie landuit te smokkel, en Bridgette begin ineenstort. Stefan probeer uit Bianca se pad bly en kry raad by Chris. Mrs J se nuwe buurman vra haar ’n guns, en Bridgette besoek Ian met belangrike nuus.

 ??  ?? Tyron (inlas) is Mrs J se nuwe buurman, en Michelle en Stefan se huweliksbo­otjie sink dalk.
Tyron (inlas) is Mrs J se nuwe buurman, en Michelle en Stefan se huweliksbo­otjie sink dalk.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa