TV Plus (Afrikaans)

Net een nag

In The Night Of sien ons hoe die verkeerde tyd en die verkeerde plek partytjiep­lanne in ’n nagmerrier­it na die tronk verander.

-

Die bekroonde riller-minireeks The Night Of (2016-nou) is beskikbaar op die internet-stroomdien­s Showmax. Oor agt episodes verander die Pakistans-Amerikaans­e Nasir Khan (Riz Ahmed) van ’n nederige student in ’n moordbesku­ldigde sonder dat die owerhede omgee Naz is onskuldig. Hy is met die moordwapen gevind en ooggetuies het hom gesien saam met Andrea (Sofia Black-D’Elia), wat doodgestee­k is.

“Ek kan my nie eens indink nie hoe dit vir mense in so ’n situasie moet wees,” sê die 33-jarige. “Ek sou die rol as die uitdagends­te ervaring tot dusver as akteur beskou. Dit was emosioneel en fisiek dreinerend. Ek het ’n effense kykie gekry van hoe dit is om in ’n tronk te wees.” Hy voeg by hy het nooit Criminal Justice (die 2008- en 2009- Britse reeks waarop The Night Of gegrond is) gekyk nie, maar hy weet dit eindig verskillen­d. “Ons sal graag ’n tweede reeks wil doen indien moontlik,” skimp hy.

Nasir se enigste redding is sy regsvertee­nwoordiger, John Stone (John Turturro), ’n tawwe prokureur. Hy sê vir Naz om “stil te bly”, want hy weet sy kliënt is in die moeilikhei­d. Dis eers in episode 2 dat Naz besef in hoeveel moeilikhei­d hy is wanneer hy van moord aangekla en na Rikers-eiland gestuur word.

Soos die episodes ontvou, word dit duidelik die toestande was vanuit die staanspoor teen Naz. Hier’s ’n weergawe van hoe ’n klein voorval Naz se aand en lewe verander . . .

RY ALLEEN

Naz se plan om saam met sy pelle in Manhattan partytjie te hou, word bederf wanneer hy op die nippertjie in die steek gelaat word. Hy leen toe sy pa se taxi om by die partytjie te kom.

DIENS MET ’N GLIMLAG

As Naz saam met sy vriende gery het, sou hy hom nie oor die taxi se “aandiens-” lig hoef te steur nie. Pleks daarvan spring mense soos Andrea in die taxi en wil na hul bestemming­s geneem word. En niemand wil Naz hoor sê: “Ek’s nie aan diens nie . . . en nie eens ’n regte taxibestuu­rder nie!”

WIE’S DIE MEISIE?

As Naz ’n geleenthei­d by sy vriende gekry het, sou hy Andrea nie ontmoet het nie. En hy sou nie gevra word om haar na die strand te neem nie – wat hy doen, want hy het van sy pelle en die partytjie vergeet.

As Naz saam met sy vriende gery het, sou hy nie by Andrea op die strand gebly het nie – en hy sou nie na haar meenthuis genooi word vir ’n nagsopie (lees: bier en hallusinog­eniese pille) nie.

NAG VAN DIE MESSE

As Naz ’n saamrygele­entheid gehad het, sou hy nie na Andrea se gemompel oor messe of iets ergers geluister het nie. Naz sou ook nie so hoog wees nie en sou kon weghardloo­p lank voor Andrea se dood.

BROKKE EN STUKKE

As Nas saam met sy pelle gery het, sou hy nie langs ’n bebloede lyk vol steekwonde wakker geword het nie. Het hy Andrea in ’n woedebui weens die dwelms vermoor? Was daar iemand anders in die huis? Het Andrea dit aan haarself gedoen? Wie weet – Naz weet nie. Die nag voor dit is onduidelik.

HARDLOOP SO VINNIG JY KAN

As Naz se vriende hom opgelaai het, sou hy nie paniekerig geword en gevlug het nie. Inteendeel, hy sou tuis by sy ouers wees en nie in sy pa se taxi nie, wat vir ’n roetine-ondersoek afgetrek is.

JOU DWAAS

En as Naz saam met sy pelle gery het, sou hy nie die bebloede mes by hom gehad het nie – en ná ’n bietjie polisiewer­k het die polisie dit verbind met ’n nuwe moordsaak wat die oggend geopen is!

“Ek was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek” is die wêreld se oudste verskoning. Behalwe in Naz se geval kan dit moontlik wees!

WAT IS SHOWMAX?

Showmax is Afrika se grootste internet-TV- diens, met duisende reekse, flieks en dokkies wat beskikbaar is vir binge-kyk teen net R99 per maand. Jy kan soveel Showmax-reekse kyk as wat jy wil, sonder beperkings. Jy kan een maand betaal en die volgende jou intekening kanselleer, en dan weer inteken wanneer jy gereed is. Dit hang van jou af. Gaan na www. showmax.com om in te teken vir ’n gratis proeftyd van twee weke!

 ??  ?? Naz (regs) veg met die hulp van sy prokureur, John Stone, om sy lewe in die hof.
Naz (regs) veg met die hulp van sy prokureur, John Stone, om sy lewe in die hof.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa