TV Plus (Afrikaans)

Wraak kwadraat

Die bose Alice verskerp haar aanslag op die arme Louis.

-

Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30

Terwyl Louis (Germandt Geldenhuys) se aangetrokk­enheid tot Tracy (Corné Crous) met elke hartklop groei, sit Tracy se suster Alice (Laré Birk) soos ’n regte heks in haar ivoortorin­g en beraam die een bose plan ná die ander om wraak te neem op die onskuldige en naïewe Louis.

Louis het ’n paar jaar tevore ’n motorongel­uk veroorsaak en Alice, wat in die ander voertuig was, het baie letsels op haar gesig en ander beserings opgedoen. Sy wil nou hê Louis moet vir al haar pyn en lyding boet. “Maar Louis is steeds onder die indruk Alice is dood in die ongeluk,” vertel Germandt.

Op Vrydag 28 Julie ontvang die polisie ’n anonieme oproep dat daar dwelms in Nagskof is en hulle deursoek die gewilde kuierplek. Dis Tracy en Alice wat daaragter sit, en dis die begin van Louis se nagmerrie.

VERLOOFRIN­G

Germandt sê Louis sweef op ’n wolkie en sy hart vermurwe ál meer teenoor Tracy. “Tracy vertel heeltyd vir Louis – op Alice se aandrang – hoe hul gesin moet sukkel om die mas op te kom nadat Alice in die motorongel­uk gesterf het. Haar pa het glo begin drink en haar ma het alles verloor,” vertel Germandt.

Louis, wat weet Tracy is Alice se jongste sus, het vir Tracy werk in Nagskof gekry en oorlaai haar boonop met geskenke – hy gee byvoorbeel­d vir haar ’n hondjie. Maar al is Tracy mal oor die hondjie moet sy dit in opdrag van Alice vir Louis teruggee.

Op Maandag 31 Julie gaan Louis tot die volgende stap oor en vra Tracy om by hom in te trek. Maar Tracy bly huiwerig. “Wanneer Tracy dieselfde aand by hom kuier, is daar ’n lelike misverstan­d, want Tracy kom op ’n verloofrin­g in sy klerekas af wanneer sy ’n trui soek.”

IN DIE WOLKE

“Tracy neem aan Louis het trouplanne,” verduideli­k Germandt. “Die verloofrin­g is die een wat sy neef Conrad (Hykie Berg) vir Pippa (Nadia Valvekens) wou gee, maar Conrad se moed het hom begewe en Louis het voorgestel hy bêre die ring vir Conrad,” vertel Germandt. “Louis speel saam wanneer Tracy hom oor die ring uitvra – en daar raak hulle twee verloof!” Alice is in die wolke oor die nuus van die verlowing, want dit bring haar nader aan haar prooi en sy sal Louis se hart net meer kan verpletter wanneer die waarheid uitkom.

“Louis sit nou met ’n probleem: Hoe gaan hy aan Conrad verduideli­k Tracy dra die verloofrin­g wat eintlik vir Pippa bedoel was?” vra Germandt.

Jana (Brümilda van Rensburg), wat met Louis se halfbroer At getroud is, is opgewonde oor die nuus en beplan ’n verlowings­ete in die Koster-huis. Tracy, wat by Alice se planne inval, is verward oor die vinnige verwikkeli­nge en wil die ring verkoop en spoorloos verdwyn.

Maar Alice is nie daarvoor te vinde nie en het nog ’n opdrag vir haar: Tracy moet tydens die verlowings­ete op Vrydag 4 Augustus ’n kosbare standbeeld­jie in die Kosters se woning steel. Maar Tracy se moed begewe haar en sy maak haar vroeg en sonder verduideli­king uit die voete. Intussen dreig Alice vir Tracy sy gaan vir Louis alles vertel – ook dat Tracy hom ’n rat voor die oë draai.

DUBBELE DILEMMA

Germandt sê Louis is so verblind deur die liefde, hy merk geen onraad nie. “Hy sit nie net met die vreeslike skuldgevoe­lens omdat hy vir Alice se sogenaamde dood aanspreekl­ik gehou word nie, hy het ook ’n groot behoefte om Tracy te beskerm,” sê Germandt.

Tracy worstel self met ’n warboel gevoelens, want sonder dat sy dit wil erken, begin sy regtig gevoelens vir Louis ontwikkel. En terwyl Louis onwetend op ’n pienk wolkie rondsweef, kry die koekoes Alice ’n nuwe plan in haar kop: sy wil Louis vermoor.

SJOKOLADE MET SKOP

Op Maandag 7 Augustus doen Alice haar voor as ’n aflewering­spersoon by die Koster-huis. Sy kry toegang tot Louis se kothuis en dokter sy sjokolade. Op 8 en 9 Augustus begin die horlosie vinnig tik, en Alice se wraakplann­e lei tot groot trauma en drama . . .

 ??  ?? Alice sal nie rus voordat sy ten volle wraak geneem het nie. Op Vrydag 4 Augustus is daar ’n spesiale optrede van Die Heuwels Fantasties in Nagskof en kykers kan die eerste keer hierdie groep se liedjie Laaste Rondtes op hul jongste album, OKAY!, hoor.
Alice sal nie rus voordat sy ten volle wraak geneem het nie. Op Vrydag 4 Augustus is daar ’n spesiale optrede van Die Heuwels Fantasties in Nagskof en kykers kan die eerste keer hierdie groep se liedjie Laaste Rondtes op hul jongste album, OKAY!, hoor.
 ??  ?? Louis.
Louis.
 ??  ?? Tracy.
Tracy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa