TV Plus (Afrikaans)

Stefan se vermoede is bevestig

Bianca kan nie meer die waarheid oor Stefan se vaderskap wegsteek nie.

-

Suidooster

Ma.-Do. kykNET (*144) 18:30

Bianca (Simone Biscombe) het in Julie gesug van verligting toe sy die vaderskaps­resultate van haar babadogter, Stella (Isabella Phoenix Bennett), gekry het en sien haar baas Stefan (Gideon Lombard) is die pa – en nie haar byna waansinnig­e ekskêrel Derick (Greg Kriek) nie. Maar die verligting was van korte duur, want nou is dit net ’n kwessie van tyd voor die waarheid uitkom. En min weet sy Stefan is klaar op haar spoor en gaan op Donderdag 10 Augustus alles uitvind.

TWEE EN TWEE BYMEKAARGE­TEL

Die agterdog het einde Julie aan Stefan begin knaag toe hy hoor van die dreigbrief wat Derick aan Bianca gestuur het. “Stefan het uiteindeli­k net twee en twee bymekaarge­sit,” sê Gideon. “Hy weet al lankal daar is ’n kans dat Stella sy kind is. Hy en Bianca het immers al destyds (einde verlede jaar) toe sy swanger geraak het, ’n uitval daaroor gehad toe hy by haar wou weet wat die kans is dat hy die pa is.” Sy het hom egter oortuig dis Derick s’n, maar die agterdog vreet aan hom en op Maandag 7 Augustus laat hy sy eie DNS-toetse doen om te bepaal of hy Stella se pa is.

DIE BOM BARS!

Bianca, wat tot nou onder groot druk was, voel of sy uiteindeli­k op Dinsdag 8 Augustus weer kan asemhaal omdat sy oortuig is Stefan weet van niks. “Bianca wil nie die rede wees waarom Stefan en sy vrou, Michelle (Greta Pietersen) – wat ook haar beste vriendin is – se huwelik op die rotse kan beland as die waarheid moet uitkom nie,” sê Simone. Tog is dit presies waarop dit afstuur wanneer Stefan op Donderdag 10 Augustus die uitslae kry en sy vermoede swart op wit bevestig word. “Stefan ervaar ’n mengsel van emosies wanneer hy dit sien. Hy is bly sy vermoede is bevestig, maar hy besef ook die impak daarvan,” sê Gideon. “Stefan is nou ’n pa terwyl die liefde van sy lewe, Michelle (wat nie kinders kan hê nie en tans ’n surrogaat wil gebruik), hunker na ’n kind van haar eie en dit haar heeltyd bly ontwyk.”

MOEILIKE KONFRONTAS­IE

Stefan probeer hard om sy teleurstel­ling en woede op Maandag 14 Augustus te demp wanneer hy Bianca met sy kennis oor Stella konfrontee­r. Wat hy presies vir haar sê mag ons nie verklap nie, maar ons kan sê Bianca is uit die veld geslaan. “Dis ook erger om te dink wat dit aan Michelle as mens en haar huwelik met Stefan gaan doen,” sê Simone. “Bianca kan dit nog hanteer om as vriendin verwerp te word, maar die moontlikhe­id dat Michelle gaan seerkry laat haar sidder van vrees.”

 ??  ?? Stefan dink Bianca (links) vertel leuens oor wie Stella se pa is.
Stefan dink Bianca (links) vertel leuens oor wie Stella se pa is.
 ??  ?? Michelle is nog in die duister oor die baba-sage . . .
Michelle is nog in die duister oor die baba-sage . . .
 ??  ?? Stefan se gesig helder op elke keer dat Stella in sy teenwoordi­gheid is.
Stefan se gesig helder op elke keer dat Stella in sy teenwoordi­gheid is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa