TV Plus (Afrikaans)

Liefde bo rugby

Denver groet die Stryders om sy huwelik te red.

-

Getroud Met Rugby

Weekdae kykNET (*144) 21:00

Opoffering­s – dis een van die dinge wat nodig is om ’n huwelik te laat werk. En dis iets wat die Strydersru­gbyspeler Denver Cloete (Vaughn Lucas) einde Julie besef het toe hy besluit het om sy rugbyloopb­aan in Suid-Afrika te beëindig om sy vrou, Jade (Jolene Martin), eerste te stel. Jade is al sedert Januarie in New York waar sy vir ’n geleenthei­dsmaatskap­py werk, en op Vrydag 28 Julie het Denver tydens ’n afskeidpar­tytjie by die Potties-kroeg die Stryders en sy geliefdes in Johannesbu­rg finaal gegroet. Vaughn gesels oor sy karakter se reis en sy laaste dag op stel.

Vertel ons meer van Denver sy stryd met Jade wat oorsee is en hy wat moes agterbly.

Denver het besef die afstand tussen hulle raak ál groter en hy kan nie meer sonder haar lewe nie.

Hy het amper sy huwelik weggegooi toe sy dansafrigt­er Chantel (Schelaine Bennett) in Julie vir hom begin gevoelens ontwikkel het en hulle twee keer in mekaar se arms beland het.

Dit was nooit Denver se bedoeling om Jade te verneuk nie, maar Chantel was daar en het ’n leemte gevul. Hy het elke keer dinge gekeer voordat hulle in die bed sou beland. En tog het die skuldgevoe­lens nog aan hom geknaag.

Wat het gebeur dat Denver besef het hy moet bande breek met die Stryders en by Jade aansluit?

Ná hy en Chantel die tweede keer in mekaar se arms beland het, het daar iets in sy kop gekliek. Hy speel met vuur en besef as hy so aangaan, gaan hy vir Jade verloor. Hy het daarna sy bedanking ingedien en laat weet hy gaan Amerika toe.

Wat gaan Denver in New York doen?

Hy gaan vir ’n Amerikaans­e rugbyklub speel.

Wat kan jy van jou laaste dag op stel onthou?

Dit was al in April vanjaar gewees. Dit was ’n lekker dag en almal by Ge- troud Met Rugby se voorspoedw­ense en afskeidsbo­odskappe sal my altyd bybly.

Is daar ’n kans dat jy as Denver sal terugkeer?

’n Mens sal nie weet nie. Dit was nie my keuse om Getroud Met Rugby te verlaat nie. My kontrak is eenvoudig nie hernu nie.

Wat doen jy sedert jy die sepie verlaat het?

Daar is ’n paar geleenthed­e op die horison waaroor ek nie nou veel kan sê nie. Maar julle kan daarna uitsien om my in veral opkomende flieks te sien.

 ??  ?? Denver se vriendskap met Chantel het hom byna sy huwelik gekos.
Denver se vriendskap met Chantel het hom byna sy huwelik gekos.
 ??  ?? Denver groet die Stryders vir goed.
Denver groet die Stryders vir goed.
 ??  ?? Denver vertrek nou oorsee om by sy vrou, Jade (links), te wees.
Denver vertrek nou oorsee om by sy vrou, Jade (links), te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa