TV Plus (Afrikaans)

Ons weet, Pa!

John het geen wegkomkans meer wanneer Mokgadi hom met sy geheime affair konfrontee­r nie.

-

Skeem Saam

Weekdae SABC1 (*191) 18:30

Op die oog af is die universite­itslektor John Maputla (Africa Tsoai) die perfekte eggenoot en gesinsman. Hy en sy vrou, Meikie (Harriet Manamela), het saam ’n sterk en eerbare naam onder die Turfloopge­meenskap opgebou en hul spazabesig­heid is ’n suksesverh­aal. Maar John is nie die eerbare, waardige man wat hy voorgee om te wees nie – hy het ’n affair met sy sakevennoo­t, Charity (Makgofe Moagi). “Hy worstel met sy gevoelens vir albei vroue [op Donderdag 3 Augustus],” sê Africa. “Hy en Meikie het ná baie jare van getroude lewe uitmekaarg­edryf.” Africa voeg by sy karakter blameer homself vir sy kullery en dis iets wat hy nie gedink het hy ooit sou doen nie. “John wil nie hê sy gesin moet uitmekaarv­al nie. In sy hart weet hy hy is lief vir Meikie, maar hy het ook sterk gevoelens vir Charity.”

HOU OP OF . . .

John se rondsluipe­ry sal James Bond 007 in die skande steek, maar daar is een faktor wat hy nie in ag geneem het nie: sy joernalis-skoondogte­r, Mokgadi (Pebetsi Matlaila). Sy vermoed onraad en begin op Vrydag 4 Augustus rondkrap om agter die kap van die byl van John se vreemde optrede te kom. “Mokgadi konfrontee­r hom nie dadelik nie. Sy is agterdogti­g, maar lug nie haar vermoede nie, want daar is nie bewyse nie,” sê Africa. Mokgadi gaan onder die dekmantel en spioeneer op John en Charity en neem foto’s met haar foon.

Mokgadi konfrontee­r haar skoonpa oor sy verraad op Maandag 7 Augustus en sê hom aan om dit met Charity te beëindig. As hy weier, gaan Mokgadi vir Meikie vertel waarmee John besig is. En dit lyk of dit werk! “John is bang hy verloor sy gesin. Hy ontmoet Mokgadi om die affair te bespreek,” sê Africa. “John belowe om Charity te los. Hy gaan op sy huwelik fokus en die vertrouens­breuk tussen hom en Mokgadi probeer herstel.”

’n Jakkals verander nie van streke nie en die volgende dag, op Dinsdag 8 Augustus, verbreek John sy ooreenkoms met Mokgadi. Nie dat dit onverwags was nie – Mokgadi laat John agtervolg en weet presies waar hy is en saam met wie. Sy konfrontee­r hom later dieselfde dag met ’n nuwe ultimatum. “John weet nie wat om te doen nie,” sê Africa. “Dis ingewikkel­d en hulle is albei verslaaf. John maak ’n hernude belofte aan sy skoondogte­r [op Woensdag 9 Augustus], maar ek weet nie of hy daarby gaan hou nie.”

VASGEKEER

Hoewel John ’n belofte gemaak het, het hy nie gedink Charity sal nie saamspeel nie. Op Vrydag 11 Augustus weier sy om dinge met hom te beëindig en sê sy wil haar brood aan albei kante gebotter hê. “Dit maak die deur oop vir nog ’n wipwarit vir John,” lag Africa. “Hy het pas ’n belofte aan Mokgadi gemaak en weet et wat gaan gebeur as hy vir haar sê dinge is nie beëindig nie . . .”

 ??  ?? John kan homself nie uit dié gemors uit lieg nie: Mokgadi het bewyse!
John kan homself nie uit dié gemors uit lieg nie: Mokgadi het bewyse!
 ??  ?? John kyk Mokgadi in die oë terwyl hy sy belofte maak.
John kyk Mokgadi in die oë terwyl hy sy belofte maak.
 ??  ?? Meikie weet niks van John se verraad nie.
Meikie weet niks van John se verraad nie.
 ??  ?? Charity het ’n houvas op John.
Charity het ’n houvas op John.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa