TV Plus (Afrikaans)

Skietbehep

Gadaffi neem beheer wanneer sy rampokker-trawant Cosmo weier om sy moordopdra­gte uit te voer.

-

Generation­s – The Legacy

Weekdae SABC1 (*191) 20:00

Cosmo Diale (Ronnie Nyakale) het ’n reputasie in die township Alexandra: ’n mens mors nie met hom nie. En terwyl sy suster Lucy (Manaka Ranaka) en die klante by hul familieres­taurantbes­igheid S’khaftin Chicken sy geduld beproef, sowel as sy rampokkerp­el Gadaffi ( Vuyo Dabula), lag Ronnie en sê: “Dit [daardie lewe] is nie waaroor dit vir Cosmo gaan nie.” Om die waarheid te sê dit lyk eerder of Cosmo van die misdaadwêr­eld wil wegkom. Op Donderdag 3 Augustus gee Gadaffi hom opdrag om “’n probleem” te vermoor. “Maar Cosmo weier,” verduideli­k die akteur. “Gadaffi is woedend en gryp die vuurwapen. Cosmo is nie ’n moordenaar soos Gadaffi nie.” Ronnie voeg by sy karakter sal beslis ’n probleem “hanteer” wanneer hy gevra word, maar om bloed aan sy hande te kry is iets wat hy nie bereid is om te doen nie.

FAMILIEDRA­MA

Cosmo is, anders as Gadaffi, grootgemaa­k deur ’n streng ma, en Gog’ Flo (Ivy Nkutha) verwag net goeie dinge van haar kinders, ook die wilde kind Lucy. Gog’ Flo maak of sy nie sien waarmee Cosmo hom besig hou nie – sy weet hy is nie die eerlikste man nie, maar sy weet hy’s nie ’n moordenaar of dwelmsmous nie. Gog’ Flo is baie ontsteld op Vrydag 4 Augustus wanneer sy Lucy se kêrel Mrekza (Kope komMakgae) in haar huis teëkom waar hy in sy onderklere rondloop, maar Cosmo ignoreer haar pleidooie om iets aan die situasie te doen. “Sy verstaan nie hoekom Mrekza so gemaklik is in hul huis nie, maar Cosmo jaag Mrekza net uit. Hy het nou groter sake wat sy aandag verg,” sê Ronnie.

Cosmo het by ’n moordgemor­s betrokke geraak wat hom en sy vriend Gadaffi agter tralies kan laat beland. En Cosmo is nie eens skuldig nie – dit was die geslepe Tau (Rapulana Seiphemo) en Gadaffi wat in 2015 die sneller getrek het. Almal is van Julie af krapperig toe die prikkelbar­e Thabi (Motsoaledi Setumo) opgedaag het op soek na haar vermiste broer wat hulle vermoor het. Nou is Tau boonop besig om haar kop deurmekaar te praat, want hy sien dit as sy kans om van sy vyand Jack ontslae te raak. En Cosmo is in die middel vasgevang. “Hy wil net vir Gadaffi help,” sê Ronnie.

KLOP, KLOP

Die polisie bemoeilik sake vir Cosmo wanneer hulle op Woensdag 9 Augustus aan Tau se deur klop met ’n lasbrief om die huis te deursoek. “Ons is in vir ’n lang sage,” sê Ronnie. “Maar Cosmo is nie dom nie en hy is goed daarmee om inligting uit mense te kry. Hy maak selfs ’n deurbraak [op Vrydag 11 Augustus].” Maar dis slegte nuus vir Gadaffi. “Tog het hy Cosmo aan sy kant en al sal hy nie doodmaak vir Gadaffi nie, weet hy Cosmo sal nie sy vriend tronk toe laat gaan nie. Hy sal ‘dinge oplos’,” sê Ronnie.

 ??  ?? Cosmo probeer sy vriend Gadaffi kalmeer voordat daar nog ’n lyk is waarvan hulle ontslae moet raak.
Cosmo probeer sy vriend Gadaffi kalmeer voordat daar nog ’n lyk is waarvan hulle ontslae moet raak.
 ??  ?? Die bose Jack doen alles wat hy kan om Tau te vernietig.
Die bose Jack doen alles wat hy kan om Tau te vernietig.
 ??  ?? Tau het iemand nodig vir sy vuilwerk en Cosmo kan hom help – as hy sy kop regkry.
Tau het iemand nodig vir sy vuilwerk en Cosmo kan hom help – as hy sy kop regkry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa