TV Plus (Afrikaans)

Kinderkwes­sie

Azwindini raak broeis wanneer hy sy nuwe vrou besoek.

-

As daar een ding is waarvan Thathe se hoof, Azwindini (Gabriel Temudzani) hou, is dit mag. En omdat die leier nie in sy magsposisi­e kan bly of die streek vir altyd beheer nie, is dit sy “koninklike plig” om vir sy onderdane ’n erfgenaam te gee wat by hom kan oorneem en sy familie boaan die hiërargie kan hou. Hy het seuns, maar daar is ’n probleem met Mulondo en Muvhango (Ndamulelo Mbuwe en Owen Mmbobo): Hulle is ontvoer en in 2016 besny, en sulke mans kan nie koning word nie. Dit beteken Azwindini het ’n nuwe seun nodig om eendag sy plek in te neem. Sy nuwe, jong vrou, Mpho (Azwimmbavh­i Rammbuda), het ander idees, soos Azwi op Woensdag 9 Augustus uitvind: Sy het geen behoefte om tuis te bly of kinders te hê nie. “En dis ’n probleem,” terg Gabriel.

LANG GESIG

Mpho sê vir haar man op Donderdag 10 Augustus kinders sal moet wag, “want sy wil haar op haar loopbaan toespits”, sê Gabriel. “Mpho doen graag modelwerk en wil nie tuis bly en agter kinders aanhardloo­p nie. Sy wil eers haar loopbaan aan die gang kry en geld maak.” Hoewel Azwindini haar gehoor het, luister hy nie na wat sy sê nie en verstaan nie Mpho se behoefte aan ’n loopbaan nie. Sy tradisione­le uitkyk bots met Mpho se moderne oortuiging­s, en Gabriel voeg by: “Azwindini wil meer kinders hê, want dis die norm vir hom as hoofman. Boonop is hy ’n tipiese Afrika-leier wat sy hoofmanska­p en nalatenska­p probeer verseker. Wanneer Mpho sy wense teenstaan, staan sy sy erfenis teen en beledig hom amper.”

MOEILIKE MPHO

Die ander koninklike vroue en raadgewers stem saam met Azwindini. Hulle dink Mpho is onredelik. Vho-Masindi (Regina Nesengani) gesels op Vrydag 11 Augustus as raadgewer met Mpho om haar van plan te laat verander. “Daar is druk op Mpho van die familie af, maar dis ’n vraag of die koppige Mpho sal toegee,” verduideli­k Gabriel. Vho-Masindi se plan boemerang en maak Mpho op Maandag 14 Augustus meer vasbeslote dat haar drome haar prioriteit sal bly en die familie tweede kom. “Daar is ’n aantal argumente en verskille,” verklap Gabriel.

UITDAGINGS

Een van die argumente op Dinsdag 15 Augustus werp lig op die tradisione­le uitdagings teenoor die modernes waarmee Thathe se gemeenskap te doen kry. “Daar is gedagtes oor moderne mense wat in ’n moderne samelewing bly, en hoe sommige tradisione­le gebruike nie meer vir hulle geld nie,” sê Gabriel, en voeg by: “Die koningshui­s is in ’n beroering, want Mpho neem standpunt in teen iets wat baie belangrik is vir die tradisies van Thathe. Dis jammer, en ’n aantal van die dinge word ook in die werklike lewe bevraagtek­en – in regte koningshui­se in Afrika.”

 ??  ?? Azwindini en sy mooi, jong modelvrou, Mpho.
Azwindini en sy mooi, jong modelvrou, Mpho.
 ??  ?? Hoofman Azwindini se seun Muvhango.
Hoofman Azwindini se seun Muvhango.
 ??  ?? Azwindini se seun Mulondo.
Azwindini se seun Mulondo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa