TV Plus (Afrikaans)

Bymotiewe in die paradys

Die Spencers en Forresters stuur op ’n ramp af in die manjifieke Monte Carlo.

-

Laat niemand vir die mediamagna­at “Dollar” Bill Spencer (Don Diamont) vertel ’n mens meng nie sake en plesier nie. Dis die man wat ’n seksnes in sy kantoor laat bou het vir ’n kafoefel tydens middagete. En hy is so besig om sy troue met

Brooke (Katherine Kelly Lang) te beplan, pleks van om na Monte Carlo te vlieg vir die jaarlikse Spencer-leiersbyee­nkoms, kondig hy op Woensdag 9 Augustus aan hy stuur sy seuns, Liam (Scott Clifton) en Wyatt (Darin Brooks) na die byeenkoms, tesame met Wyatt se vrou, Steffy (Jacqueline MacInnes Wood) – die vrou oor wie hulle baklei. Maak gereed vir groot glans en drama!

LOCO ON LOCATION

Die Spencers is nie alleen nie. Eric Forrester (John McCook) het die byeenkoms gekies om sy terugkeer as Forrester Fashions se uitvoerend­e hoof aan te kondig. En sy geheime skelmpie Quinn (Rena Sofer) sal nie ver agter wees nie. Sy’s die vrou wat Liam ontvoer en verkrag het en hom gevange gehou het terwyl hy in Mei 2017 aan geheueverl­ies gely het sodat haar seun Wyatt Liam se verloofde, Steffy, kon verlei en met haar trou. “Die byeenkoms gaan die Spencers en Forresters tot in hul kern skud. En wie weet? Daar hang dalk gou ’n nuwe portret bo die vuurmaakpl­ek,” suggereer die toesighoud­ende vervaardig­er Casey Kasprzyk.

GROEN VAN JALOESIE

Behalwe om Steffy terug te vat van sy broer, gaan Liam die byeenkoms benut om ’n ander veldtog te bevorder: sonkrag en effektiewe kragverbru­ik. Wyatt sê op Donderdag 10 Augustus vir Steffy: “Ek sou graag met prins Albert oor sy stigting wou praat, want die ou is regtig groot op die gebied van die omgewing en volhoubare ontwikkeli­ng.” En omdat Bold by die 56ste jaarlikse Monte Carlo-TV-fees was, het Liam, Wyatt en Steffy Albert regtig ontmoet. “Die prins se paleis is wonderlik. Ek dink ek het hom ‘dude’ genoem. Ek wou nie, maar ek het,” erken Darin.

Die sluwe Bold-span het die fees gebruik om hul eie Spencer-byeenkoms te skep, wat beteken om hul vooraf bereide Spencer-materiaal so te plaas dat dit lyk of die Spencers in beheer is van die rooitapyt- geleenthei­d. Toe die spelers op die rooi tapyt loop vir die regte fees, kompleet met skares wat selfies wou hê, het die span beeldmater­iaal geskiet van die twee families by die Spencer-byeenkoms, met vals onderhoude en al. “Dit was cool guerrillav­erfilming,” sê John McCook.

PRODUKSIE

Die Monte Carlo-aksie, wat skerms vir sewe episodes gaan vul, moes in drie produksied­ae ingeprop word, daagliks tot om 16:00 om tyd te laat vir die spelers om vir die aand se swartdas-gesellighe­de gereed te maak. Dit het die LA-span langer as ’n maand geneem om vir die drie dae voor te berei, maar hulle kon nie vir alles beplan nie.

In een toneel was Steffy in ’n bikini op die Larvotto-strand in die reën. Darin en Jacqueline het die toneel gered deur slim dialoog te improvisee­r. En die produksies­pan moes selfs die ekstra speler, wat die bestuurder sou wees, leer bestuur! Maar die span het dit reggekry om met die onverwagte beter te vaar as Liam en Steffy wanneer hulle besef Quinn is ook in Monte Carlo . . .

TOE & NOU

tvplus was saam met Bold op hul 2017-uitstappie na Monte Carlo en het skouers geskuur met spelers soos Katherine, Don, Rome Flynn (Zende) en Reign Edwards (Nicole), en hulle op stel in aksie gesien. Wees op die uitkyk in die komende tvplusse wanneer ons jou Bold bring soos jy nog nie tevore gesien het nie! www.facebook.com/tvplus

 ??  ?? Eric en Quinn voer weer iets in die mou in Monte Carlo.
Eric en Quinn voer weer iets in die mou in Monte Carlo.
 ??  ?? Steffy en Wyatt het geen idee Liam wil hulle uitmekaard­ryf nie.
Steffy en Wyatt het geen idee Liam wil hulle uitmekaard­ryf nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa