TV Plus (Afrikaans)

e.tv Weekdae 20:00

-

AUGUSTUS

Thandi en haar biologiese ma, Lydia, span saam om hul aartsvyand, Ace, te vernietig, wat probeer bewys hy het berou oor sy sondes deur betrokke te raak by gemeenskap­shervormin­gsprogramm­e. Chris vertel Brandon van sy probleme.

SEPTEMBER

Ace verdwyn, maar Thandi soek steeds na hom, al weet sy hy is ontvoer. Lulama is gebroke nadat nog ’n verhouding vou, en Chris se huwelik is op die rotse wanneer Azania vasbeslote is om haar pa te vind. Ace keer ongeskonde terug, maar Thandi wil hom vir goed uit haar lewe hê, en Tshiamo is senuagtig om sy familie van sy romanse met sy “pel” Damian te vertel.

OKTOBER

Lebo probeer Lulama se hart wen, maar beland dieper in die moeilikhei­d as wat hy verwag het. Mam Gerty se personeel is teleurgest­eld wanneer hulle van Lebo se geldelike probleme hoor, en Uhuru is bevrees sy romanse met Thandi is verby wanneer hy moet kies: maak vrede met sy pa, Ace, of leef in sonde met sy aangenome suster, Thandi.

VERLEDE KEER

Azania is verbied om met Uhuru se trouplanne te help, en Lulama het vasgekeer gevoel deur haar skuld.

2 – 4 AUGUSTUS

Lebo raak bekommerd wanneer Lulama na ’n “geheime” ontmoeting skielik vertrek, en Chris oorweeg dit om sy ma, Irene, te vergewe wanneer haar gesondheid ’n knak kry. Ace probeer sy verlede wat kort-kort opduik, stilmaak. Lulama soek ’n seëner om haar kontantkri­sis op te los, en Azania se nuwe vriend Brandon vertel haar man, Chris, wie hy regtig is. Elders is Thandi gefrustree­rd omdat sy nie bewyse kan kry wat Ace weer in die tronk sal laat beland nie.

7 – 11 AUGUSTUS

Mam Gerty ontplof wanneer Ace met mag terugkom na haar huis, en Lulama kruip terug na Lebo om hom terug te kry wanneer sy nie ’n seëner in die hande kry nie. Brandon help by die troumaatsk­appy met sy IT-vaardighed­e, en Mam Gerty voel vasgevang wanneer Ace weier om die skeidokume­nte te teken om hul skeiding amptelik te maak. Azania wil help om Brandon weer aan die gang te kry.

14 – 15 AUGUSTUS

Ace veroorsaak ’n verwyderin­g in Azania en Mam Gerty se reeds gebroke verhouding, en Thandi en Uhuru is opgewonde omdat hulle die familie-troumaatsk­appy by Mam Gerty gaan koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa