TV Plus (Afrikaans)

SABC3 Weekdae 19:00 •

-

AUGUSTUS

’n Familiegeh­eim oor ’n lid se dood spook by Sechaba, en Thabang (Pholoso Mohlala) se “probleem” is groter as wat hy gedink het: hy sal ’n uitgeworpe­ne wees wanneer sy familie uitvind hy’s gay. Anja is moeg vir hoërskool en wil dit verlaat, en Barker hou die grondeisdi­spute fyn dop, en bied Sechaba iets “spesiaals” aan vir sy harde werk.

SEPTEMBER

Wendy vertel hoekom sy in The Deep is, en Ofentse konfrontee­r Barker oor hy inmeng by die grondeisdi­spute, en hul woordewiss­eling eindig met Barker se hartstilst­and. Ofentse moet vinnig besluit: help Barker of laat hom sterf. Sechaba raak paniekerig wanneer Lerato haar bewussyn verloor, en daar’s ’n skietery by The Duncan.

OKTOBER

Rajesh en Kgothalo se romanse kry weer die wind van voor. Horizon Deep se toppolisie­man Eddie kry die moeilike taak om die skietery by The Duncan te ondersoek.

VERLEDE KEER

Morongwa het met Gatanga geflirt, en Nina en Georgie het hul wapens op mekaar gerig.

2 – 4 AUGUSTUS

Wendy merk Zandré se prikkelbaa­rheid en paniekaanv­alle, maar is nie seker of sy iets moet sê nie. Hendrik gee sy seun, Zandré, tawwe liefde en beveel hom om werk te kry of uit te trek. Lerato wil hê Sechaba moet sy familie vertel van haar gesondheid­stoestand wat keer dat sy swanger kan raak.

7 – 11 AUGUSTUS

Hendrik ignoreer Zandré se klagtes oor die werk by die myn, en Anja verontagsa­am haar ouers. Sechaba het slegte geluk met sy besigheid, want Kgothalo en sy broer Ofentse verwerp sy sakevoorst­elle. Gatanga vind uit wat van sy gesteelde bankkaart geword het – Morongwa het dit gebruik – en hy gaan haar nie so gou vergewe nie.

14 – 15 AUGUSTUS

Basetsana wys haar ware kleure wanneer sy haar seun Ofentse sover kry om beheer te neem van die grondeisdi­spuut. Later word Wendy uit die dakwoonste­l geskop, en sy speel op Lalage se gevoel en vra haar om Hendrik te oorreed om haar by hulle te laat bly.

Lees meer op bl. 45.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa