e.tv Weekdae 19:30
AUGUSTUS
Grace lê klagtes teen Cesar, en Yvonne hardloop na Neo en Romeo wanneer sy dink sy het ’n spook gesien – die sluipmoordslagoffer JP (Dan Robbertse) wat in Qs rondloop. ’n Heer tree na vore wanneer die bose Dintle se kullery haar en Phindi in die moeilikheid laat beland.
SEPTEMBER
Hlengiwe se ondersoek onthul die verband tussen JP en een van Newtown se gevaarlikste mans. Neo word ontsenu wanneer Mjomane sy streke uithaal, en Boniswa vra Neo uit oor Yvonne. Hlengiwe vra ongemaklike vrae oor die hotelrooftog, en een skokkende paartjie verwag ’n baba.
OKTOBER
Damon het ’n fassinerende aanbod vir Boniswa, en Siseko wil van een van sy vroue skei. Mangi begin ’n nuwe romanse, Quinton nooi ’n minnares om in te trek, maar sy wil Dintle uit hê, en Quinton moet trek wanneer Layla se ou minnaar terugkom.
VERLEDE KEER
Scelo het vertrek, Romeo se pa, Cesar, het Grace afgepers, en Boniswa wou Yvonne Bisho toe stuur omdat sy vir haarself ’n troupartytjie gereël het.
2 – 4 AUGUSTUS
Neo wil Grace met Romeo help, en Cesar raai sy “goudmyn” Romeo aan om streng te wees wanneer hy met sy ma onderhandel. Almal soek aandele in The Newtonian, en Boniswa en Yvonne stem in om hulle te gedra nadat Siseko sy voet dwars gesit het. Layla oorreed Quinton om ’n reuseguns vir sy baba se ma te doen.
7 – 11 AUGUSTUS
Grace het ’n dodelike versoek vir Neo, en Cesar konkel om ’n familielid te verraai. Romeo vertel Grace van ’n gewelddadige misdaad wat hy gesien het, en Neo het ’n waarskuwing vir Cesar. Yvonne vertel Siseko ’n wit leuentjie, en Dintle vat kortpad na modeglorie en probeer ’n bietjie publisiteit kry.
14 – 15 AUGUSTUS
Grace en Neo leer mekaar ken, Boniswa kom bo uit sonder om haar top uit te trek. Lerumo hoor Javas het na hom kom soek.