TV Plus (Afrikaans)

Tienerdram­a

Sam is nie soos ander 15-jariges nie – hy probeer sy moordlus en sy verliefdhe­id balanseer in die riller-minireeks Born To Kill.

-

“Sam lyk soos ’n doodgewone outjie – hy gaan skool toe, hy’s ’n goeie swemmer en die meisies hou van hom. Maar daar is baie aan die gang in sy kop,” sê Jack Rowan, die 20-jarige ster van die vier episode lange drama Born To Kill (2017). Dit sluit in dat hy halsoorkop verlief raak op Chrissy (Lara Peake), die dorp se nuweling, terwyl hy sy moorde wegsteek. “Sam doen gemene, aaklige goed. Hy lieg. Hy manipuleer,” sê Jack.

DODELIKE BUURSEUN

Sam is die buurseun wat jy nooit vir ’n moordenaar sal aansien nie. “En dit is wat hom so doeltreffe­nd maak,” sê die akteur. “Ek het na ure se beeldmater­iaal van regte en fiktiewe moordenaar­s gekyk en sommige van die dokumentêr­e het my asem weggeslaan.” Sam is nie ’n gewone moordenaar nie, nes Norman Bates (Freddie Highmore) in Bates Motel (2013-2017) – hulle is omtrent ewe oud, so pateties as wat hulle psigoties is, en het soortgelyk­e dryfvere. “Soms kry jy hom jammer ten spyte van sy optrede,” sê Jack. En dit het baie met sy huis uit te waai . . .

PROBLEEMOU­ERS

Sam het nooit sy pa geken nie. Sy ma, verpleegst­er Jenny (Romola Garai), het hom vertel sy pa was ’n soldaat en het as ’n held gesterf – maar hy’s eintlik in die tronk, en binnekort uit op parool. “Sy ma is die enigste mens wat altyd daar was vir hom,” sê Jack. “Daar is oomblikke dat hul band normaal is, maar soos die storie aangaan, raak dit toksies.” Sonder dat sy dit besef, gee Jenny vir Sam die perfekte leerskool: ’n hospitaal waar mense daagliks sterf en niemand vermoed ’n moordenaar sit hand by nie . . .

VERSTEURDE GEDRAG

Sam se dodelike kalmte is onthutsend maar dit behoort kykers nie te verras nie. Die reeks is geskep deur Tracey Malone, skrywer van die riller Rillington Place (2016), oor die ware moordenaar Reg Christie, gespeel deur Tim Roth.

 ??  ?? Chrissy (inlas) kom tussen Sam en sy ma, Jenny. DIE GROOT KANS Jack werk nog net drie jaar as akteur en Born To Kill is sy eerste hoofrol – sy enigste ander “groot” rol was as Brinni in die 12 episode lange drama Beowulf: Return To The Shieldland­s in...
Chrissy (inlas) kom tussen Sam en sy ma, Jenny. DIE GROOT KANS Jack werk nog net drie jaar as akteur en Born To Kill is sy eerste hoofrol – sy enigste ander “groot” rol was as Brinni in die 12 episode lange drama Beowulf: Return To The Shieldland­s in...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa