TV Plus (Afrikaans)

Wapenstils­tand

Ross Poldark galop terug vir ’n derde seisoen van dapperheid, waagmoed en kaal bolywe.

-

Die soldaat wat mynbaas geword het, Ross Poldark (Aidan Turner), is per boot op pad na Frankryk wanneer seisoen 3 van die periodedra­mareeks Poldark (2015-nou) begin. Hy speel weer ’n soldaat en is die keer op ’n reddingsva­art tydens die Franse Revolusie van 1794. “Ons het op ’n ongeloofli­ke plek verfilm met ’n reusegrag en riviere en klein plekkies waar ons met ’n roer in die woud kon wegglip, wat lekker was,” vertel Aidan. “Ons het profession­ele geweerople­iding gekry, en die bajonette was eg!”

Maar pret met gewere eindig op die stel met trane, want die 34-jarige Ier het sy vinger gebreek toe dit in die pad gekom het van ’n ander akteur wat sy roer vir ’n toneel oorgehaal het. “Ek het net daarna geweet iets is verkeerd en vir die volgende 30 sekondes het dit soos jellie gevoel,” sê Aidan. En soos in die reeks gaan goed gemaakte planne een kant toe en die lewe slaan ’n ander rigting in . . .

MAN, VROU & MEER

Terug by die huis is daar ook hope aksie tussen Ross en sy vrou, Demelza (Eleanor Tomlinson). “Ons sien hoe Ross sy verhouding met Demelza herstel [sy het hom uitgeskop nadat sy van sy ontrouheid met Elizabeth in seisoen 2 uitgevind het],” verduideli­k Aidan. Ons gaan ook Demelza se religieuse broers Sam (Tom York) en

Drake (Harry Richardson) ontmoet. “Ek dink nie Ross is juis bekoor deur die Metodiste-beweging nie. Ross sien hulle is goedgeaard, maar vir hom is hulle effens oninteress­ant . . . en hulle kan nie drink nie,” skerts Aidan.

ROSS TEEN GEORGE

Terwyl Ross se ander liefde,

Elizabeth (Heida Reed), die seisoen stilletjie­s sy kind gaan hê, begrawe Ross en haar man, George Warleggan (Jack Farthing) die strydbyl. “Hulle kan nie bekostig om mekaar ernstige skade aan te doen nie,” sê Aidan. “Ter wille van hul vroue en kinders moet hulle ’n ooreenkoms bereik.”

 ??  ?? Daar wag ’n opdraande pad vir Ross en Demelza. SEISOEN 2 SE EINDE Demelza het ingestem om by Ross te bly ondanks sy affair met Elizabeth, wat besef het sy is swanger met sy baba. En al het Ross se myne wins gemaak, het hy geleer die lewe bestaan uit...
Daar wag ’n opdraande pad vir Ross en Demelza. SEISOEN 2 SE EINDE Demelza het ingestem om by Ross te bly ondanks sy affair met Elizabeth, wat besef het sy is swanger met sy baba. En al het Ross se myne wins gemaak, het hy geleer die lewe bestaan uit...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa