TV Plus (Afrikaans)

Dis nie baie goed nie

Eleanor het ’n slegte gevoel oor haar perfekte nuwe wêreld.

-

Eleanor (Kristen Bell) se geheim is uit in The Good Place (2016-nou). Sy het haar sielsgenoo­t en morele kompas, Chidi (William Jackson Harper), vertel sy moes eintlik in die hiernamaal­s na The Bad Place gaan. Daar is chaos wanneer sy aanjaag, soos in episode 2 (14 Julie) toe reuse-garnale deur die lug dryf. Dit het hul buurt se argitek, Michael (Ted Danson), in trane, maar die buurt was dalk gebroke lank voor Eleanor se aankoms. Hier is ’n paar vreemde dinge . . .

Wat is die idee van die hemel? The 1 Good Place is ’n utopie, of hoe? Dis kultureel divers – Chidi is byvoorbeel­d in Nigerië gebore en het in Senegal grootgewor­d. So waarom lyk die middedorp soos oulike kleindorps­e middel-VSA ontmoet bourgeois ou Europa? Dis soos ’n winkelsent­rum met ’n tema.

Nie almal is gelyk nie. Hoekom 2 werk sommige mense in winkels, soos die mense wat al daardie bevrore jogurt bedien? Goed, almal het ’n dak oor hul kop, maar hoekom woon

party in herehuise terwyl ander net ’n eenslaapka­merwoonste­l het? Dis mos nie reg nie…

3 Roomys! Maar daar’s niks roomys nie. The Good Place is vervuil met bevrorejog­urt-winkels (minstens vyf in een straat). In episode 6 (11 Augustus) erken Michael dis “nie heeltemal so lekker soos roomys nie”. Kan jy vet word in die hiernamaal­s? Indien nie, hoekom nie eerder roomys eet nie?

4 Woefie het jou nie lief nie. In episode 1 (7 Julie) het Michael iemand se hondjie geskop dat hy doer trek, want hy het gedink dit lyk uit plek uit. Toe erken hy “dit is bloot ’n idee van ’n hond. Dit voel geen pyn of vreugde of liefde nie.” Later belowe Michael ’n weergawe van die hond wat kan liefhê, maar net as ’n nagedagte.

Praat nie lelik nie. Die lopende, 5 pratende robot Janet (D’Arcy Carden) is nie net geprogramm­eer om nie te jok nie, maar om die letterlike waarheid te vertel. Wat bedoel sy in episode 6 met “alles is verkeerd”? Eleanor is op die verkeerde plek, en die swygende monnik Jianyu Li (Manny Jacinto) het in episode 4 onthul hy is eintlik ’n dwelmhande­laar, Jason. So wat is nog als verkeerd?

 ??  ?? Hemelse bure Tahani, Jianyu, Michael, Eleanor, Chidi en Janet. IETS VREEMDS Luidens die steltoer by Universal Studios is die kleurryke binnehofst­el op The Good Place waar al die ou gruwelflie­ks soos Frankenste­in en Dracula in die 1950’s geskiet is.
Hemelse bure Tahani, Jianyu, Michael, Eleanor, Chidi en Janet. IETS VREEMDS Luidens die steltoer by Universal Studios is die kleurryke binnehofst­el op The Good Place waar al die ou gruwelflie­ks soos Frankenste­in en Dracula in die 1950’s geskiet is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa