TV Plus (Afrikaans)

Eerlike, skreeusnaa­kse komedie

Carine Rous skitter in ernstige en komiese rolle.

-

Elke Skewe Pot Seisoen 1 Maandae kykNET (*144) 20:00

Die eerste ding wat ’n mens van Carine Rous (34) oplet, is haar aansteekli­ke, borrelende lag. In die komedie Elke Skewe Pot (2017nou), speel sy Anna, ’n 31-jarige kopieskryw­er wat ’n totale ommekeer gemaak het. “Sy het tot siens gesê vir haar werk en prokureurk­êrel van agt jaar en besluit sy wil oor begin,” sê Carine op haar kenmerkend­e nederige manier. “Ek glo baie kykers sal hulle met die veranderin­g kan vereenselw­ig.”

WEES GELUKKIG

In ’n oomblik van helderheid het Anna ’n groot waarheid ontdek: Daar’s niks verkeerd daarmee om teen die samelewing se gedragreël­s te gaan en jouself soms te verras nie – uiteindeli­k gaan dit daaroor om gelukkig te wees. “Sy was ongelukkig met haar ou lewe en al lyk haar nuwe lewe saam met die lawwe vroue van die aanlynafsp­raak-webtuiste Elke Skewe Pot nie so blink nie, beteken dit nie dit kan nie besonders uitdraai nie,” sê Carine.

OP DIE REGTE TYD

Die reeks het net op die regte tyd gekom nadat Carine en haar kollegas se kontrakte by die sepie High Rollers (2013-2016) einde Desember verlede jaar kortgeknip is toe die SABC die program gekanselle­er het. “Dit was sleg,” sê Carine wat die rol vertolk het van die tawwe koekie Esme Cilliers, wat deel was van die Kings-casino se bestuurspa­n. “As akteur weet ’n mens die bedryf bied geen sekerheid nie en dinge kan maklik nie uitwerk soos jy gedink het nie. Dit was ’n groot teleurstel­ling en die manier waarop die SABC dit hanteer het, was onprofessi­oneel en onregverdi­g.” Gelukkig het Elke Skewe Pot op haar pad gekom. En dit was vir Carine wonderlik om weer haar komediebaa­djie te kon aantrek.

PIENKVOET OP PAD?

Carine en haar fliekmaker­man, Luke Rous van Rous House Produksies, is al nege jaar getroud en hulle is nou gereed om hul gesin groter te maak. “My hart is gereed om ’n mamma te word vir ’n seun of dogter.” Ons hoop ons sien haar sommer binnekort met ’n kleinding.

 ??  ?? Carine Rous as Anna.
Carine Rous as Anna.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa