TV Plus (Afrikaans)

Suidooster

Ma.-Do. kykNET (*144) 18:30 Sepie

-

Op TV is Dean John Smith (Wade) en Vashti Prins (Danni) van verskillen­de wêrelde in die sepie Suidooster (2015nou). Danni, ’n gedrewe sekretares­se, werk by Suidooster-Eiendomme saam met haar argitekkêr­el Tim (Marco Spaumer). En Wade is die armgat-werknemer by die sapkraampi­e in die Suidooster-Sentrum, wat sy hart op Zoe (Lauren Joseph) die giminstruk­teur verloor het. Maar het jy geweet in die werklikhei­d is Vashti (22) en Dean (23) ’n paartjie? Hoe lank is julle al saam? Dean: Ons ken mekaar al so vyf jaar, maar is amptelik ’n jaar en ’n half in ’n verhouding.

Vashti: Ons het mekaar aan die Universite­it Stellenbos­ch ontmoet. Ek het eers gedink hy’s met een van my vriendinne gekys, maar ek was verkeerd. Hoe is dit om saam te werk? Dean: Ons het nie baie tonele teenoor mekaar nie en raak nogal opgewonde wanneer ons wel teenoor mekaar speel. Maar ons het vooraf grense gestel en hou dit streng profession­eel op stel.

Vashti: Voor Suidooster het ons verlede jaar saamgewerk aan die toneelstuk Die Gangsters, daarom was dit nie vreemd om weer saam te werk op stel nie. Raak jy soms jaloers as Vashti ander akteurs soos Marco (Tim) moet soen, of Dean vir Lauren (Zoe)? Dean: Nee, glad nie. Dis deel van akteurwees – en sy weet ek soen die lekkerste!

Vashti: Dalk sou die jonger ek jaloers geword het, maar nou pla dit my nie. Ek het aanvaar Dean sou intieme tonele moes doen omdat hy aantreklik is. Hoekom is julle lief vir mekaar? Vashti: Hy het ’n sagte hart en is opreg in alles wat hy doen. Dean: Sy laat my gemaklik voel. • Lees meer op ble. 16 & 17.

 ??  ?? Wade (bo) en Danni.
Wade (bo) en Danni.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa