TV Plus (Afrikaans)

Isidingo

Weekdae SABC3 (*193) 19:00 Sepie

-

Daar is altyd die een of ander soort drama in The Deep, en Isidingo (1998nou) se vermoë om aktuele sake vinnig in te sluit het die sepie deur die jare laat uitstaan. Vandag is ’n spesiale episode: Isidingo vier episode 100 van sy 20ste seisoen. “Daar’s ’n ongeloofli­ke span skrywers en nuwe gesigte, buiten die herkenbare talent, wat bygedra het tot Isidingo se blywende sukses,” verduideli­k die uitvoerend­e vervaardig­er, Pumla Hopa, “en hopelik sal die reeks vir nog vele jare met ons wees.”

In die spesiale episode fokus die sepie op Lerato (Tema Sebopedi). “Sy wil met haar man, Sechaba (Motlatsi Mafatshe), praat oor om met ’n gesin te begin,” sê Tema. “Sy wil al so lank kinders hê, maar Lerato ly aan ’n mediese toestand wat maak dat sy nie kan swanger raak nie. Sy het nou baie op die hart, maar die begeerte om ’n gesin te begin is ’n deurlopend­e tema en dis altyd bo-aan die lys.”

Agter die skerms het die sepiespele­rs en -span ’n partytjie gehad om die mylpaal te vier. “Daar was koek en foto’s en baie pret. Dit was regtig lekkerkker om ’n slag almal saam te kuier,” ” sê Tema. “Ek is al sedert 2010 in n Isidingo, maar ek voel steeds soos die nuweling. Ek leer nog elke dag en ek het steeds groott ontsag vir kollegas soos Robert

Whitehead [Barker Haines].” Wat Lerato se nabye toekoms betref, laat Tema deurskemer goeie dinge kan op pad wees. “Sy gaan beslis op ’n beter plek wees in die nie te verre toekoms nie,” sê Tema. “Haar salon wat in Mei vanjaar afgebrand het gaan gou weer oopmaak. En die grondeisdi­spute sal haar aanmoedig om haar man te ondersteun en by die gemeenskap betrokke te raak.” • Meer op bl. 33.

 ??  ?? Lerato en Sechaba.
Lerato en Sechaba.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa