TV Plus (Afrikaans)

Vrydag 4 Uur

Seisoen 6 VIA (*147) 17:30 Leefstyl

-

Die leefstylre­eks Vrydag 4 Uur (2015nou) waartydens die aanbieders, Dirk Smit en Alti Fouché, hul wegbreekpl­ekke besoek, is ’n kykergunst­eling, en in Julie spog die reeks met sy sesde seisoen. Alti sê sy skryf die gewildheid toe aan hoe interaktie­f hulle met die kykers op sosiale media is. “Ons gesels lekker met hulle en kry baie terugvoer oor plekke wat ons nog kan besoek sowel as hoe ons die reeks kan verbeter.” Wat maak seisoen 6 beter as die vorige seisoene? Die plekke wat ons besoek, sal die kykers se sak beter pas. In die huidige ekonomiese tye draai almal hul sente twee keer om en dis soms moeilik om geld te kry vir ’n wegbreekna­week of vakansie. ’n Ander geldspaarw­enk wat ons in die reeks gee, is om eerder by jou wegbreekpl­ek te kampeer, nes ons in elke episode doen. Vertel ons meer van Frik, jul nuwe voertuig.

Ons vorige kar, wat ons Gert gedoop het – ’n kanariegee­l Volkswagen-kombi – was nie meer betroubaar nie. Ons wou graag ’n voertuig geborg kry vir die reeks en besluit toe in seisoen 5 om mense te vra om ons te help. Kort voor lank is ons oorweldig deur oproepe en boodskappe van mense en maatskappy­e wat hulp aangebied het. Toe kry ons by Ford Daly in Potchefstr­oom die Rangerbakk­ie en besluit om dit Frik te noem. Watter plekke wat julle die seisoen besoek het, staan vir jou uit? Ons kuiertjie by die STRAB-musiekfees in Mosambiek (in episode 8, 25 Augustus) kan die kykers nie misloop nie. Ook nie die iSimangali­so-vleilandpa­rk in KwaZulu-Natal (in episode 6, 11 Augustus) nie.

 ??  ?? Frik.
Frik.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa