TV Plus (Afrikaans)

Sarie Voorbladge­sig

Seisoen 1 kykNET (*144) 17:30 Leefstyl

-

Al gewonder hoe word Sarie se nuwe voorbladge­sig gekies en hoe word ’n tydskrif se voorblad geskiet? In die nuwe reeks Sarie Voorbladge­sig kan jy albei sien met ’n kykie agter die skerms van die gewilde kompetisie. “Dis ’n leefstylre­eks van sewe episodes wat kykers wys wat dit verg om ’n Sarie-voorblad op die rak te kry,” sê Wim Steyn van IdeaCandy, vervaardig­er van die reeks.

Volgens Michélle van Breda, Sarie se redakteur, is die projek wat al sewe jaar aan die gang is, meer as net ’n wedstryd. “Dit het die hart van die tydskrif geword, want elke jaar sê tot 10 000 lesers van agttien jaar en ouer vir ons: ‘Ek wil op Sarie se voorblad wees, want dis my tydskrif, my taal en my wêreld.’”

Behalwe ’n fotogenies­e gesig soek Sarie vanjaar weer na die gesig wat 80 000 eksemplare kan verkoop, sê Michélle. “Ons soek daai magic. Die tien finaliste is vroue wat ’n pad geloop het tot hier, en dit het niks met ouderdom te doen nie, wel met ’n lewensrykh­eid. Hoe meer selfvertro­ue ’n vrou het, hoe meer selfversek­erdheid straal uit haar oë, hoe gemakliker is sy met haar lyf en hoe mooier die voorblad.”

Kykers gaan die top-10 finaliste se reis meemaak, sowel as ’n voorbladse­ssie met ’n topfotogra­af, die finaliste se bederfdae en ’n spesiale langtafele­te deur Sarie se kosredakte­ur Herman Lensing. Daar word ook by die vorige sewe wenners ingeloer, wat vertel wat die projek vir hulle beteken het.

Michélle sê dat Sarie Voorbladge­sig nou ’n TV-reeks is, is ’n bewys van die vroue se inspirasie. “Ek glo die reeks sal veral die selfvertro­ue, wengees en sin vir pret van ons lesers en die Afrikaanss­prekende vrou in die algemeen vasvang.”

 ??  ?? Nicola Smit, 2016 se voorbladge­sig-wenner in die kategorie 18-30 jaar.
Nicola Smit, 2016 se voorbladge­sig-wenner in die kategorie 18-30 jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa