TV Plus (Afrikaans)

Moenie misloop nie

-

Great News

Seisoen 1 M-Net-dek/sat (*101) 17:00/17:45 Komedie

Episode 5 Carol is oortuig daarvan die span het ’n bindingses­sie nodig en bid vir ’n wonderwerk, en Katie dink Chuck probeer haar aandag trek.

This Is Us

Seisoen 1 M-Net (*101) 19:30 Drama Episode 11 Jack en Rebecca soek ’n huis, en hulle hoor hulle verwag ’n drieling.

Elke Skewe Pot

Seisoen 1 kykNET (*144) 20:00 Komedie Episode 5 Wilma is skrikkerig om vir Dirk, ’n nuwe kliënt, te vertel hy lyk glad nie meer soos sy webwerffot­o van toe hy 20 was nie, en sy besluit om hom ’n mooimaakse­ssie te gee. • Lees meer op bl. 38!

Parlement, Parlement

Seisoen 1 kykNET (*144) 20:30 Komedie

Episode 5 Die akteur Bennie Fourie van Phil 101faam kom kuier in die parlement en neem aan die debat deel.

The Fixer

Seisoen 2 e.tv (*194) 20:30 Drama

Episode 10 David keer dat die CIA Huck verder martel, Mellie vervals Fitz se handtekeni­ng sodat hy sy mag kan behou, en Liv kry ’n oproep van ’n spesiale persoon.

Forged In Fire

Seisoen 4 History (*186) 21:10 Realiteit

Episode 10 Die vier lemmakers kry ’n ernstige uitdaging: hulle moet hul onderskeid­ende wapen maak deur ou boutoerust­ing te gebruik.

The Path

Seisoen 2 M-Net (*101) 22:40 Drama Episode 3 Eddie dreig Cal, en Meyer se gees vertel vir Richard en Kodiak “daar is geen lig nie”.

Teen Wolf

Seisoen 3 SABC2 (*192) 23:00 & 00:00 Sci-fi (Sien langsaan?) Episodes 11 & 12 Derek het supergenes­ingsmag, en Jennifer val die tweeling aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa