TV Plus (Afrikaans)

Die Boekklub

Seisoen 2 kykNET (*144) 20:00 Drama

-

Die akteur Arno Marais (33) is ’n bekende gesig op TV vanweë sy rol as die sakeman Ben in die SABC3-sepie Isidingo (1998-nou). Maar in Die Boekklub (2016-nou) verruil hy sy sjiek manspak en skoongeske­erde gesig vir vellies, kakieklere, hardebaard en boer vir sy rol as Herman. “Dis was wonderlik om terug te keer na Die Boekklub en in my moedertaal te speel,” sê Arno met trots. Altus (Stian Bam) en Herman se troue op 18 Julie was spesiaal. Hoe hanteer die getroude lewe die paartjie? Dit was ’n pragtige troue vir almal in Merweville. Maar ek dink wat die kykers die meeste gaan raak, is om te sien hoe hulle as getroude paar by mekaar aanpas. Dis normaal, soos enige ander huwelik. En ja, daar gaan uitdagings en argumente wees, maar hul liefde vir mekaar sal hulle help om daardeur te werk. In seisoen 1 (2016) het Louw Venter die rol van Altus vertolk. Hoe was dit om teenoor Stian as Altus in seisoen 2 te speel? Elke akteur is anders en dit was heerlik om in seisoen 1 teenoor Louw te speel. Van Stian waardeer ek die moeite en navorsing wat hy gedoen het om die rol van Altus te verstaan en so eg moontlik te vertolk, nes Louw het. Vir meer kon ek nie vra nie. Armand Aucamp het gesê sy karakter in die reeks, Tom, het hom geleer om meer uitdagend te wees. Wat sou jy sê het Herman vir jou geleer? Om eerder jou menings oor mense vir jouself te hou. Almal het hul eie jakkalsies wat hulle jaag. Jy hoef nie die lewe moeiliker vir hulle te maak deur op hulle neer te kyk of hulle te beoordeel nie. Herman moes vrede maak met homself en dat hy homoseksue­el is, maar hy sou vinniger vrede gekry het as mense, nes hy, eerder hul menings vir hulself gehou het.

 ??  ?? Herman (hooffoto) en Altus (inlas heel bo, gespeel deur Stian Bam in seisoen 2). Louw Venter (inlas onder) was Altus in seisoen 1.
Herman (hooffoto) en Altus (inlas heel bo, gespeel deur Stian Bam in seisoen 2). Louw Venter (inlas onder) was Altus in seisoen 1.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa