TV Plus (Afrikaans)

Celeb MasterChef

Seisoen 10 BBC Lifestyle (*174) 20:00 Realiteit

-

MasterChef UK (2005-nou) se beoordelaa­r John Torode is geen vreemdelin­g vir Britse en Australies­e foodies nie. Die 51-jarige Aussie-boorling is sedert die eerste episode deel van die franchise en hy het al alles gesien en geproe wat kolen misskote in die kombuis betref. Ons het met die aanbieder-sjef gepraat toe hy vroeër vanjaar in SA was en ’n paar wenke vir die perfekte braaihoend­er gekry . . . Profession­ele sjefs hou dikwels van eenvoudige disse. [Lag.] Ek eksperimen­teer in die kombuis vandat ek 16 was en het al meer bestanddel­e gebruik as wat ek kan opnoem. Maar as ek tuis is saam met my gesin is daar niks lekkerders as ’n eenvoudige braaihoend­er nie. Hoe maak jy ’n “eenvoudige” braaihoend­er?

Geur die hoender binne en buite met sout en peper. Vul die holte met crème fraîche (aangesuurd­e room) en ’n gesnyde suurlemoen. Dan, en baie mense doen dit nie, vryf die hoender met olie en plaas in die oondbak bors boontoe. Halfpad deur, dreineer die crème fraîche en voeg jou groente by – braai tot gaar. Sien? Maklik! Was daar al ’n dis op MasterChef wat jy nie kon proe nie? Nee. En dis die lekker daarvan. Ek kan die meeste kosse verdra, ongeag die bestanddel­e in daarin.

Waarmee was jy besig tussen die seisoene

van MasterChef? Ek het ’n reeks van 10 episodes oor my reis na Suid-Korea verfilm – ’n uitsonderl­ike reis. Ek is in ’n wêreld gelos waarvan ek baie min geweet het en ek het baie geleer, en nie net oor kos nie. Elke uurepisode het ’n tema, soos ’n seisoen van die jaar of ’n bestanddee­l. Ek het saam met mense gekook, disse is vir my voorberei en ek kon selfs ’n paar nuwe resepte probeer.

 ??  ?? John Torode.
John Torode.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa