TV Plus (Afrikaans)

Death In Paradise

Seisoen 6 Maandae BBC Brit (*120) 20:00 Aksie

-

Die winde van veranderin­g waai in seisoen 6 van die aksiereeks Death In Paradise (2011-nou) wanneer ’n paar persoonlik­e probleme wat opduik vir die polisiespa­n op die Karibiese eilandpara­dys Saint Marie, met ’n hoofkarakt­er wat midseisoen waai. “Dinge is ’n bietjie onderstebo die seisoen,” erken die uitvoerend­e vervaardig­er, Tim Key, “maar daar is ook ’n hele spul raaiselagt­ige moorde wat opgelos moet word”.

Die onbeholpe speurder Humphrey Goodman (Kris Marshall, Nick Harper in die eerste vyf seisoene van My Family 2000-2011), neem in episode 6 (18 September) die moeilike besluit om na sy hart te luister en die eiland agter te laat, en Martha (Sally Bretton), die liefde van sy lewe, na Londen te volg. In ’n episode in twee dele (11 en 18 September) neem ’n ondersoek Humphrey van die sonnige strande van Saint Marie na ’n koue Londen, waar hy besluit om saam met Martha agter te bly. “Ons het al baie gesien van Humphrey wat misdade oplos, ook van sy besluitelo­osheid, maar ons het Humphrey nog nie in enige verhouding of romantiese situasie gesien nie,” sê Kris. “Ek dink ons sal uitvind hy’s nogal sjarmant en ’n romantiese ou,” skerts hy. Kris het besluit om meer tyd saam met sy gesin deur te bring, want die reeks word ses maande per jaar en weg van die huis verfilm.

In Humphrey se plek is die akteur Ardal O’Hanlon, wat Father Dougal in die reeks Father Ted (1995-1998) gespeel het. Sy karakter, speurder Jack Mooney, verskyn op 11 September. “Mooney is vriendelik en hartlik,” sê Ardal, “en ek dink my karakter sal ’n bietjie prettighei­d en aardigheid na die eiland bring.”

 ??  ?? Speurder Humphrey (middel) is uit . . .
Speurder Humphrey (middel) is uit . . .
 ??  ?? . . . en speurder Mooney is in.
. . . en speurder Mooney is in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa