TV Plus (Afrikaans)

Groen: Namibië

Seisoen 3 kykNET (*144) 15:00 Leefstyl

-

Marlice van Vuuren, bewaarder en aanbieder van Groen: Namibië, sê elke seisoen bied nuwe uitdagings. “Dit bly ’n konstante gesprek tussen my, my man, Rudie (sien een van die vrae hieronder), en die vervaardig­ers om elke seisoen beter as die vorige te maak en die kykers se belangstel­ling voortduren­d te prikkel.” Deeglike beplanning bly egter die belangriks­te faktor, voeg sy by.

Hoe het julle die inhoud en onderwerpe vir seisoen 3 gekies?

Ek en Rudie kies gewoonlik die stories en karakters wat ons harte raak. Ons kyk dan of dit logisties moontlik gaan wees om die storie te verfilm. Ons span, wat my en Rudie, die kameraman en klankman insluit, asook die toerusting moet op ’n veilige, betroubare en vinnige wyse vervoer word. Ons het duisende kilometres in seisoen 3 afgelê omdat ons die keer ook in Suid-Afrika verfilm het.

Watter rol speel Rudie voor en agter die skerms?

Hy is onontbeerl­ik wanneer dit kom by die keuse van stories en die organiseri­ng. Rudie het al die kontakte op regeringsv­lak wat baie nuttig te pas kom. (As mediese dokter en het hy die afgelope jare baie kontakte opgebou.) Hy is verantwoor­delik vir die logistieke beplanning agter die skerms, soos om die regte permitte te kry, en as opgeleide vlieënier vlieg hy die span na al die bestemming­s.

Watter aanbieding­swyse volg julle?

Ons het in seisoene 1 en 2 nie die dialoog en vrae vooruit beplan nie, want ons het die onderwerpe goed geken en wou net hê die dialoog moes goed vloei. Maar in seisoen 3 het ek en Rudie, na gelang van wie voor die kamera was, ná elke skoot gekyk watter belangrike inligting nie gedek is nie en dan het die ander een dit later bygevoeg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa