TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

Lexi maak die nuus van haar swangerska­p bekend en Steve is blind van woede.

-

Binnelande­rs Weekdae kykNET (*144) 19:30

Lexi het op Donderdag 3 Augustus ’n tuisswange­rskaptoets gedoen en met ’n skok gesien die uitslag is positief. Sy moet nou moed bymekaarsk­raap om die nuus aan haar ouers, Steve (Clint Brink) en Bronwyn (Kim Cloete), te vertel. “Steve en Bronwyn was die afgelope paar weke reeds ontsteld toe Lexi, wat vanjaar in matriek is, besluit het om eerder BSc by Ikeys in Kaapstad te gaan studeer en nie meer medies by Tuks nie, omdat haar kêrel Ross (Luan Jacobs) by Ikeys gaan studeer,” vertel Keisha. “En nou sidder sy hoe haar ouers die nuus van haar swangerska­p gaan hanteer.”

Maar op Donderdag 10 Augustus besef Lexi sy kan nie langer uitstel nie en vertel haar ouers. En nou is daar weer eens groot moeilikhei­d in die Abrahamse se huis

VERGADERIN­G

Steve droom al lankal sy slimkopdog­ter gaan eendag in sy voetspore volg en ’n mediese dokter word – daarom hanteer Steve die nuus van Lexi se onbeplande swangerska­p glad nie goed nie. Wanneer Ross dieselfde dag by die Abrahams-huis opdaag, sien Steve behoorlik rooi. Hy wil dadelik vuisslaan, maar Bronwyn tree tussenbeid­e. Dan besluit Steve ’n vergaderin­g met Ross se ouers oor die pad vorentoe vir die tieners sal dalk meer help as ’n hewige uitbarstin­g. “Die slegte nuus moet eers by Steve insink en dan moet hy deur ’n proses van skok, woede en aanvaardin­g gaan,” verduideli­k Clint.

Op Maandag 14 Augustus sit Steve en Bronwyn saam met Ross se ouers om een tafel – maar al het Bronwyn Steve voor die tyd gesmeek om sy humeur te beteuel, is Steve steeds die josie in ná afloop van die vergaderin­g.

ONDERSTEUN­ING EN TROU

Die verliefdes is net so oorbluf en voel albei se toekomsdro­me is aan skerwe. Kim vertel Bronwyn is soos altyd die buffer tussen Lexi en haar pa. “Bronwyn herinner Steve kort-kort daaraan hy en sy (Bronwyn) was ook jonk en het ook foute in hul lewe gemaak,” vertel Kim. “Bronwyn besluit van die begin af om Lexi nie te verwerp nie en ten volle te ondersteun – of Lexi nou besluit om die baba te hou, te trou of wat ook al,” voeg Kim by.

Ná die vergaderin­g sê die verwarde Lexi vir Ross sy sal dit oorweeg om met hom te trou. “Maar Bronwyn weet nie of dit die regte besluit gaan wees nie, want sy twyfel of Lexi op so ’n jong ouderdom opgewasse is vir moederskap, en of Bronwyn en Steve nie uiteindeli­k die kind sal moet grootmaak nie,” sê Kim.

LEXI EN ROSS SE VRESE

Luan vertel Ross is aanvanklik in ontkenning oor Lexi se swangerska­p. “Hy is bang om nou al sy drome om verder te gaan studeer prys te gee om sy verpligtin­ge as toekomstig­e pa na te kom. Hy besef hy is nog nie opgewasse vir die groot verantwoor­delikheid van ’n huwelik en vaderskap nie.”

Ross is ook onseker waar hy nou in die prentjie pas. “Hy is bereid om by Lexi te staan, maar voel sy lewe word skielik vir hom gereël en beplan.”

Intussen is Lexi, afgesien van gesinsonde­rstromings, ook verpletter en oorweldig. “Eers moet sy probeer seker maak of sy ’n kind sal kan grootmaak, maar daar is nie eintlik ’n ander uitweg vir haar nie. En dan moet sy haar pa hanteer wat met meer woede as empatie gevul is. Boonop moet sy nog met haar ma se teleurstel­ling saamleef, en ook oor haar toekoms saam met Ross besin – ’n tienerseun wat sy nog net ’n maand of wat ken,” sê Keisha.

Die matriekeks­amen lê om die draai en daar is nie baie tyd vir Lexi en Ross om indringend­e besluite oor hul toekoms te neem nie. En met elke sekonde wat besig is om verby te tik, is daar ’n embrio wat ontwikkel . . .

 ??  ?? Lexi is in ’n toestand oor haar swangerska­p. Inlas: Ross.
Lexi is in ’n toestand oor haar swangerska­p. Inlas: Ross.
 ??  ?? Steve is so woedend, hy wil Ross met die vuiste bydam.
Steve is so woedend, hy wil Ross met die vuiste bydam.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa