TV Plus (Afrikaans)

Nuwe rugbybloed

Die Stryders verwelkom Liam en hy vang die fisio Lindy se oog.

-

Getroud Met Rugby Weekdae kykNET (*144) 21:00

’n Rugbyspan moet vyftien man sterk staan op die veld om hul teenstande­rs te kan klop, en met Denver (Vaughn Lucas) wat die Stryders einde Julie verlaat het, het ’n skakel gekort. Dis egter gou gevul toe Liam Willemse (David Johnson) hom op Donderdag 10 Augustus by die span aangesluit het. Dié speler van die Tornados-rugbyklub in die Kaap het nie net die Stryders se fisioterap­eut, Lindy (Chantal Stanfield), se oog gevang nie, maar is ook die spanbestuu­rder, Bart (Pierre Breytenbac­h), se geheime wapen. Bart is vas oortuig daarvan hy kan Liam sy spioen in die span maak.

STRENG PROFESSION­EEL?

“Liam is sjarmant en terselfder­tyd ’n bietjie stout,” sê David oor sy karakter. “Van die spelers gaan nog lekker vies raak vir hom.”

Maar al is hy so sjarmant, is Lindy eers onseker oor haar gevoelens vir hom. “In werklikhei­d weet Lindy self nie eens hoe mal sy oor hom is nie,” verklap Chantal. “Sy baklei hard daarteen en probeer dinge streng profession­eel hou wanneer sy hom [op Woensdag 16 Augustus] vir ’n besering behandel,” voeg Chantal by.

Die Stryders se fisioterap­eut was van die begin af deel van die storie, verduideli­k Rudo van Heerden, Getroud Met Rugby se publisitei­tsbeampte. “Daar is telkemale van die fiosio gepraat, en nou het ons ’n naam en gesig by die persoon gesit.”

BLIND VIR DIE LIEFDE

Die Stryders probeer hul bes om Liam op Donderdag 17 Augustus te oortuig hy’t klaar Lindy se hart verower, maar hy het nog oogklappe aan. “Hy fokus eers daarop om hom aan sy spanmaats en die hoofafrigt­er, Schalk (Johan Scholtz), te bewys. Liam gee homself nie kans om aan ’n moontlike verhouding met Lindy te dink nie,” sê David.

In die week wat volg probeer Lindy van Liam vergeet, maar dis bitter moeilik wanneer hy op Vrydag 25 Augustus by haar aanklop vir behandelin­g en sy na sy gespierde bolyf en blokkiesma­ag staar . . . “Sonder om twee keer te dink vertel Lindy hom van ’n woonstel in haar blok wat beskikbaar is, en reël dat hy later die dag daarna kan gaan kyk,” vertel Chantal. Die agent dink hulle is ’n paartjie en Liam speel vir die grap saam – min wetend dat hy verder met Chantal se hart speel.

Natuurlik is daar nog die kwessie van Bart en wanneer hy gaan besluit om die nuwe hartebreke­r verder in te katrol . . . Kykers kan beslis ’n wedstryd verwag wat nie net op die rugbyveld afspeel nie.

 ??  ?? Liam maak die fisioterap­eut Lindy se knieë lam.
Liam maak die fisioterap­eut Lindy se knieë lam.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa