TV Plus (Afrikaans)

Blonde blits op die baan

Dorette Potgieter se eerste groot TV-rol was vol uitdagings.

- Voete van Goud Seisoen 1 Dinsdae SABC Encore (*156) 19:00

Toe Dorette Potgieter (44) destyds die vroulike hoofrol in die TV-reeks Voete Van Goud (1998) kry, was sy allesbehal­we ’n groentjie in die bedryf. Sy het immers al as sesjarige in verhoogpro­duksies soos Gigi en The Sound Of Music (1997) opgetree, en buiten sing, dans en toneelspee­l het sy as kind ballet gedoen. “Om die rol van ’n atleet te vertolk is wel ’n ander storie, want jy kan nie kul nie en moet fisiek alles uithaal en wys,” sê Dorette.

SELFDISSIP­LINE

Dorette se atletiese voorkoms was ’n pluspunt toe sy die rol van die atleet Estelle Fouché kry. “Maar ek moes voor die verfilming hard oefen en dit het baie selfdissip­line geverg,” onthou sy. “My vriend Tom Muller, my oefenmaat, het my baie met die voorbereid­ing gehelp en ons het etlike weke voor die verfilming soggens sesuur gaan draf.” Net soos met Anrich Herbst, wat die manlike hoofrol van Dewald Human vertolk, is ’n dubbelgang­er ingespan vir Dorette se ver skote. “Die nabyskote was ’n reuse-uitdaging, al moes ek net 100 meter hardloop. As jy dit sewe keer ná mekaar moet doen, is dit altesaam 700 meter!” lag sy. “Ek was behoorlik poegaai daarna.”

Anrich was wel ’n naelloper op skool, maar Dorette het net aan verspring deelgeneem. “En dan tel spoed nie so baie nie,” sê sy.

DAAI EERSTE SOEN

Dorette sal Voete Van Goud nie maklik vergeet nie, want dit was haar eerste soen op kamera – en dit van die eertydse hartebreke­r Gavin van den Berg (Ballade Vir ’n Enkeling, 1987-1993), wat Estelle se afrigter, Mike Williams, gespeel het. “Ek het vooraf vir Gavin gesê ek weet nie eintlik hoe om dit te doen nie, maar hy het my gerusgeste­l en gesê: “Gooi net jou kop agteroor, haal deur jou neus asem en beweeg jou lippe.”

Dorette het sy raad gevolg, maar die oomblik toe Gavin haar begin soen, snak sy na haar asem en snork kliphard! “Almal op stel het gelag en ons moes die toneel oorskiet.” Goue herinnerin­ge!

 ??  ?? Dorette het gesweet vir haar rol as ’n atleet in Voete Van Goud.
Dorette het gesweet vir haar rol as ’n atleet in Voete Van Goud.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa