TV Plus (Afrikaans)

PROEfessio­neel

Seisoen 1 SABC2 (*192) 19:00 Realiteit

-

Toets, proe en sit voor. Dis wat die studentesj­efs doen wat aan die realiteits­reeks PROEfessio­neel (2017-nou) deelneem met sjef Reuben Riffel as hoofbeoord­elaar en aanbieder. Die studente kry die kans om werkonderv­inding in toprestaur­ante op te doen, maar laat iemand ooit die kos op die grond val? Die vervaardig­er, Ben Badenhorst van NBB Produksies, vertel meer.

1 Ben het self die konsep vir sy reeks uitgedink. Verfilming duur steeds voort en al 13 episodes word in Ben se ateljee in Stellenbos­ch geskiet.

2 Reuben is as aanbieder en beoordelaa­r gekies oor sy siening van die kosbedryf. “Reuben glo in terugploeg in die gemeenskap, en sy passie en kennis is onblusbaar,” sê Ben.

3 Dit duur ’n volle dag om een episode wat verfilm is tot die uitsaaityd van 24 minute te verkort.

4 Die sjefs se produkte en bestanddel­e word daagliks vars gekoop om enige vermorsing te voorkom.

5 Ben sê die grootste uitdaging is om almal, ook die regisseur, studente en gasbeoorde­laars, se skedules te koördineer.

6 Daar is 10 gasbeoorde­laars, onder andere Bertus (Goed Beter Bertus, Dinsdae VIA 18:00) in episode 6 (30 Aug.) en Chris Mare, hoofsjef van Reuben se Waterfront-restaurant One & Only in Kaapstad in episode 8, (13 Sep.).

7 Daar is lank gedink oor die regte naam vir die reeks, sê Ben: “Ons borg, Samsung, het uiteindeli­k op PROEfessio­neel besluit.”

8 Iets snaaks en ongewoons wat gebeur het, was toe ’n student ’n aartappel in die mikrogolfo­ond vergeet en dit vlamgevat het. “Die hele stel was vol rook,” sê Ben.

 ??  ?? Sjef Reuben Riffel. Ben Badenhorst.
Sjef Reuben Riffel. Ben Badenhorst.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa