TV Plus (Afrikaans)

Sepie-skeiding

-

Daar is ’n eenvoudige rede hoekom SABC3 Bold & Beautiful hou en Days Of Our Lives laat vaar het.

Hoekom saai SABC3 Bold & Beautiful steeds uit, maar nie meer Days nie? YAEL GOCHIN, FACEBOOK

Vir SABC3 is dit ’n geval van kykertalle, sê die kanaal se publisitei­tsbeampte, Doulha Domingo. Bold (1987-nou) was altyd gewilder as Days, en Days (1965-nou) se rondskuiwe­ry het die sepie se kyksyfers benadeel. Days is in Junie 2016 gekanselle­er, maar op 22 Augustus 2016 om 00:00 teruggebri­ng, en toe in Maart vanjaar verskuif na 22:30, voordat die kanaal sy uitsending op 22 Augus- tus 2017 gestaak het.

Days het kykers verloor in sy 00:00-tydgleuf en die verskuiwin­g na 22:30 het nie gehelp nie. Vanaf Desember 2016 tot Junie 2017 was Bold op SABC3 se top-20kykersly­s (maar het in Julie 2017 nie die top-20 gehaal nie). Days het die top-20 nie een keer gehaal nie. Daar is ook ander faktore: As ’n 30 minute lange sepie kan Bold makliker verskuif word, en ons is 18 maande agter die VSA, waar Days drie jaar agter is. Bold voel dus varser.

Lees meer op ble. 21 & 22.

 ??  ?? Brooke en Bold is steeds op SABC3, maar EJ en Days is nou op e.tv.
Brooke en Bold is steeds op SABC3, maar EJ en Days is nou op e.tv.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa