TV Plus (Afrikaans)

Drama maal drie

Deon Opperman se Afrikaner-trilogie is nou op Showmax.

-

Die swaargewig dramaturg Deon Opperman (skepper van die dramareeks Getroud Met Rugby, 20092015, sowel as die sepieweerg­awe) se volgehoue passie vir geskiedeni­s blyk duidelik uit die sogenaamde Afrikaner-trilogie: Donkerland (2013), Kruispad (2008) en Hartland (2011). En die trefferree­kse is nou op Showmax beskikbaar.

KYK IN DIE REGTE VOLGORDE

Voordat jy volstoom begin kyk, moet jy seker maak van die regte volgorde . . .

Donkerland is laaste uitgesaai, maar ’n mens behoort dit eerste te kyk. Die reeks was eers ’n verhoogdra­ma, en Deon beskryf die TV-weergawe as een van die hoogtepunt­e van sy loopbaan.

“Ek wou dit jare lank tot ’n dramareeks vir die kassie verwerk, maar omdat die verhaal so epies is en oor so ’n lang tydperk strek, was geld ’n probleem.”

Die verhaal oor die De Witts handel oor een plaas, een familie, een bloedlyn – sewe geslagte oor ’n tydperk van amper 160 jaar. Die De Witts se storie op hul fiktiewe familiepla­as, Donkerland, naby Weenen in Natal, speel af teen van die grootste oomblikke in die Afrikaanse en landsgeski­edenis: die Groot Trek, die Suid-Afrikaanse oorloë, die verkiesing van 1948 en die oorgang tot die nuwe Suid-Afrika vroeg in die 1990’s. Gys de Villiers (Adriaan Vermaak, Geraamtes In Die Kas 2013-nou), Rolanda Marais (Analine King, High Rollers 2013-2016) en Jacques Bessenger (Rudi du Preez, Fluiters 2016-nou) is drie van die 142 akteurs wat in Donkerland te sien is.

Kyk Kruispad tweede. Dit volg chronologi­es op Donkerland en speel van 1994 tot 2007 af. Hierdie reeks fokus op die invloed van die nuwe Suid-Afrika op twee gesinne: die Landmans en die Van den Bergs. Frik van den Berg (Justin Strydom – Paul King, High Rollers 2013-2016) is optimistie­s oor die veranderin­gs, maar sy swaer Andries Landman (Jacques Gombault – Herman, Erfsondes 2007-nou) vrees weer vir sy en sy familie se toekoms. Wraak, jaloesie, verbode liefde, politiek, vernederin­g, ambisie, wellus en gierigheid is alles deel van die twee gesinne se stories. Wees op die uitkyk na bekendes soos Altus Theart (Fafa Beltrame, Getroud Met Rugby: Die Sepie 2016nou), Hanli Rolfes (Anna 2015-2016, 7de Laan 2000-nou) en Zetske van Pletzen (Marcel van Niekerk 2011- 2013, 7de Laan 2000-nou).

Hartland is die laaste deel en vertel die verhaal van die Cilliers-familie. Ouma Cilliers (Wilma Snyman – Madel Terreblanc­e 2000-2009, 7de Laan 2000nou) is die matriarg en laaste oorlewende van die voor-1994-Suid-Afrika in die familie. Sy sit in ’n rolstoel en meng gedurig in by die lewens van haar drie kinders: Adriaan (André Odendaal – Dawid Huyshamen, Swartwater 2014nou), Jan (Marius Weyers – Frik Richter, Fluiters 2016-nou) en Rika (Brümilda van Rensburg, Jana in Binnelande­rs 2004-nou).

HOU KOP

Al drie die reekse bevat baie besonderhe­de en verg volgehoue konsentras­ie – jy gaan sukkel om by te bly as jy ’n episode misloop. Maar dis hoogs onwaarskyn­lik, want ’n mens kry nie maklik meer boeiende kykstof as hierdie Afrikaner-trilogie nie.

Ons sê maar so terloops . . . Die eerste sewe dae van jou Showmax-intekening is gratis.

WAT IS SHOWMAX?

Showmax is Afrika se grootste internet-TV- diens, met duisende reekse, flieks en dokkies wat beskikbaar is vir binge-kyk teen net R99 per maand. Jy kan soveel Showmax-reekse kyk as wat jy wil, sonder beperkings. Jy kan een maand betaal en die volgende jou intekening kanselleer, en dan weer inteken wanneer jy gereed is. Dit hang van jou af. Gaan na www. showmax.com om in te teken vir ’n gratis proeftyd van twee weke!

 ??  ?? Gustav Gerdener vertolk die rol van Pieter de Witt in Donkerland.
Gustav Gerdener vertolk die rol van Pieter de Witt in Donkerland.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa