TV Plus (Afrikaans)

Dolverlief!

Dinge raak gou vuurwarm tussen Charmaine en die aantreklik­e motorfiets­man Mike.

-

Dit lyk of Vanessa (Ingrid Paulus) se planne om vir haar ma, Charmaine ( Vinette Ebrahim), ’n man te vind, gaan slaag. Vanessa, eienaar van Bruynwaves, het ’n blink plan gekry en op Dinsdag 12 September ’n spoedafspr­aak- geleenthei­d vir die Laan gereël waaraan haar ma kon deelneem. Dis hier waar Charmaine die aantreklik­e motorfiets­ryer Mike (James Borthwick) ontmoet. Die twee kliek en is gou gretig om dinge verder te neem.

Maar Charmaine is eers baie geheimsinn­ig oor haar nuwe liefde. Selfs Vanessa word in die duister gehou. “Charmaine geniet die kokon waarbinne sy en Mike hulself tans bevind, te veel en sy is nog nie gereed om dit met almal te deel nie,” sê Vinette. Maar Vanessa vermoed gou iets is aan die gang tussen haar ma en Mike.

LAATAAND KERJAKKER

Charmaine is die volgende oggend, op Woensdag 13 September, haastig op pad Oppiekoffi­e toe ná sy die hele aand saam met Mike deurgebrin­g het. “Charmaine skerm gou wanneer die kelner Kopano [Thabo Mountain] vra of sy nie haar uitrusting ook die vorige dag aangehad het nie, en sê dis ’n soortgelyk­e pakkie,” vertel Vinette.

Kort daarna daag Vanessa op en peper haar ma met vrae oor Mike, die laaste man met wie sy Charmaine die vorige aand by die gesellighe­id sien praat het. Maar Charmaine maak hul geselsies af en sê daar was geen vonk tussen hulle nie.

“Charmaine is baie oortuigend,” voeg Vinette by. En dit laat Vanessa dink haar manvangpla­n vir haar ma het misluk.

MUISNESTE?

Maar Charmaine het duidelik die skoot hoog deur. Sy is ingedagte en op Donderdag 14 September luister sy met ’n halwe oor na haar vriendin Hilda (Annelisa Weiland), wat met haar in Oppiekoffi­e gesels. Dan daag daar ’n bos blomme vir Charmaine op – van Mike, natuurlik.

“Charmaine voel baie gevlei,” vertel Vinette. Maar sy steek die blomme gou weg wanneer Vanessa by Oppiekoffi­e opdaag.

MOTORFIETS­RIT

Daar is sterre in Charmaine se oë op Maandag 18 September nadat sy en Mike die hele naweek in mekaar se geselskap deurgebrin­g het.

“Sy voel weer soos ’n jong vrou met ’n lus vir die lewe. Mike maak haar ook meer waaghalsig – sy ry tot saam hom op sy motorfiets,” vertel Vinette.

Later die dag kom haal Mike vir Charmaine by Oppiekoffi­e, en hy oortuig haar sonder veel moeite om die res van die dag af te vat. Met haar nuwe leerbaadji­e in die hand is die twee vort.

FAMILIE MENG IN

Vanessa se man, die prokureur Xander (Theodore Jantjies), besef op Dinsdag 19 September daar’s iets aan die gang tussen Charmaine en Mike wanneer hy ’n gesprek in die Beleef-kosemporiu­m afluister.

Mike gesels met die sjef Vince (Jacques Blignault) en kan nie uitgepraat raak oor die vrou in sy lewe nie. Sonder dat Mike weet hy word afgeluiste­r, en dat Xander en Vince Charmaine se skoonseuns is, verklap hy die nuwe vrou se naam aan Vince: Charmaine.

Later die dag gaan vertel Xander sy vrou van die verwikkeli­nge, en op Woensdag 20 September konfrontee­r Vanessa vir Mike. Haar ma het mos laat blyk daar’s niks tussen haar en Mike nie . . .

GROOT VERWARRING

Dis misverstan­d op misverstan­d, want Mike soek op sy beurt duidelikhe­id by Charmaine op Donderdag 21 September ná sy gesprek met Vanessa. Hy wil weet of Charmaine enigiets vir hom voel. “Charmaine bieg en erken sy het hul verhouding vir haar dogter weggesteek, maar verseker Mike van haar gevoelens vir hom,” sê Vinette.

Dis verblydend om Charmaine so gelukkig te sien, want dis hoog tyd vir ’n nuwe romanse vir een van die Laan se mees geliefde karakters.

 ??  ?? Charmaine het sterre in die oë ná sy Mike (inlas) ontmoet.
Charmaine het sterre in die oë ná sy Mike (inlas) ontmoet.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa