TV Plus (Afrikaans)

18 – 22 SEPTEMBER

-

Vince is onder die indruk Esti is deurmekaar met ’n jong kêrel, Willem sukkel om vrede te maak met Amorey se besluit om aan te beweeg, en Justin is verlig om weer ’n werk te hê. Xander is bly omdat Charmaine weer opgewonde oor die toekoms is, Mariaan se plan verloop nie soos sy gehoop het nie, en Lorraine kom agter Diederik en Amorey steek iets weg. Willem moet vinnig aan verskoning­s dink wanneer Lorraine hom oor sy vorige verhouding­s konfrontee­r, en Marko is nie gelukkig met sy nuwe werknemer se houding nie. Aggie probeer Esti ondersteun, en Xander en Justin sit nie langs dieselfde vuur nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa