TV Plus (Afrikaans)

Verlief op die vyand

Lee-Ann het net oë vir die nuwe sakeman Adam – tot Ian se onstelteni­s.

-

Die hele Ruiterbosc­h is aan die gons oor die nuwe man in die sakevrou Lee-Ann Jacobs (Portia Joel) se lewe. Die twee se paaie het einde Augustus gekruis toe Lee-Ann tevergeefs in Oos-Wes gewag het dat die man van hul toe-oë-afspraak opdaag. Adam Jantjies (Kevin Smith), wat ook in die restaurant was, het die situasie gelees en met haar begin gesels.

“En hulle kliek net daar en gesels ’n hond uit ’n bos uit,” vertel Portia. Van toe af is hulle onafskeidb­aar. “Adam sien baie van sy oorlede vrou se karakterei­enskappe in Lee-Ann,” sê Portia. “Sy vrou is tragies dood nadat iemand haar geskiet het toe hy haar handsak wou steel, en nou is Adam ’n wewenaar.”

Maar wanneer Ian (Abduraghma­an Adams), Lee-Ann se swaer en vennoot by Suidooster-Eiendomme, uitvind van hul verhouding is hy briesend.

DIE BOM BARS

Die paar is dolverlief op Donderdag 14 September, en wanneer Ian hulle saam sien, skop hy ’n groot bohaai op, want Adam werk vir Suidooster se kompetisie.

“Ian vertel Lee-Ann wie Adam is, en hy sinspeel daarop die romanse is moontlik nie eg nie en dat Adam haar dalk gebruik om op Suidooster-Eiendomme te spioeneer,” verklap Portia. Die nuus ontstel Lee-Ann en sy laat Adam mooi verstaan sy sal nie toelaat dat enigiemand met haar mors nie.

Adam probeer net keer, en vra op Maandag 18 September om verskoning. “Hy wou haar nooit mislei nie en sy bedoelings was eerbaar. Hy’t nie eens geweet Lee-Ann is sy direkte kompetisie nie,” sê Kevin.

ADAM SE GEVOELENS IS EG

Op Dinsdag 19 September maak hulle uiteindeli­k vrede en gaan ’n ooreenkoms aan. “Hulle gaan nie toelaat dat enige sakebelang­e tussen hulle kom nie,” vertel Portia.

Ian is woedend wanneer hy op Woensdag 20 September uitvind hulle is nog bymekaar en intimideer Adam deur halwe waarhede oor sy en LeeAnn se geskiedeni­s aan hom te vertel.

“Ian laat dit klink asof hy en Lee-Ann nie net ’n fling gehad het nie, maar dat hy wat Ian is eintlik haar eerste groot liefde was,” vertel Kevin. Tog word Adam nie van stryk gebring nie, en sy liefde vir Lee-Ann blom.

Maar soos ons Ian ken, voer hy reeds ’n nuwe slinkse plan in die mou om te sorg die verhouding hou nie. Kevin en Lee-Ann sal sterk moet staan.

BEKENDE KEVIN

Indien Kevin, wat die rol van Adam vertolk, bekend lyk, is dit omdat hy vanaf 2005-2015 die rol van Frank Xavier in die SABC3-sepie Isidingo (1998-nou) vertolk het. Maurice Paige, wat begin Augustus as Tyron Daniels ook deel van die Suidooster­familie geword het, het Frank se seun Calvin gespeel. Kevin sê dis ’n voorreg om weer saam met Maurice te speel. “Dit laat ’n mens sommer meer tuis voel. Dis heerlik om te sien hoe hy ook die nuwe uitdagings by Suidooster aanpak.”

 ??  ?? Adam en Lee-Ann is versot op mekaar.
Adam en Lee-Ann is versot op mekaar.
 ??  ?? Ian is kwaad omdat Lee-Ann by die vyand betrokke is.
Ian is kwaad omdat Lee-Ann by die vyand betrokke is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa